BA-PROGRAM IN INTERNASIONALE STUDIE
- Navrae
- Algemene Doelstellings
- Toelatingsvereistes
- Programinhoud en -struktuur
- Navrae
Programkoördineerder : Prof Philip Nel
Telefoonnommer : (021) 808-2474
E-pos : pn2@maties.sun.ac.za
- Algemene Doelstellings
Die program het ten doel om studente binne drie jaar
- ’n breë teoretiese en histories-feitelike insig te gee in die veelkantige domein van politieke en ekonomiese interaksie oor nasionale grense heen,
- om hulle sensitief te maak vir die rol wat identiteitsvraagstukke in die internasionale sfeer speel,
- en om hulle sodoende voor te berei om ingeligte, effektiewe, en sensitiewe wêreldburgers te word.
- Toelatingsvereistes
- Volle matrikulasievrystelling
- Persentasie in skooleindeksamen: 50% gemiddeld
- Engels (Eerste Taal) (HG) = 40% (E) of Engels (Tweede Taal) (HG) = 50% (D)
- Programinhoud en -struktuur
Besonderhede
Die program volg die struktuur van vyf eerstejaarsvakke, vier tweedejaarsvakke en twee en ’n halwe derdejaarsvakke. Geen keuses tussen vakke is moontlik nie, behalwe dat studente kan kies tussen die verskillende moderne vreemde tale wat deur die fakulteit aangebied word. Vir verdere inligting aangaande die keuse van modules ten opsigte van die vakke Duits, English Studies en Frans moet die betrokke departementele inskrywing in Afdeling 6 van die Jaarboek (Deel 4), geraadpleeg word.
Programsamestelling
Basisvlak (eerstejaar) (105 krediete) |
- Inligtingsvaardighede 172
- Politieke Wetenskap 112, 122, 142, 152
- Geskiedenis 114, 144
- Godsdienskunde 112, 122, 142, 152
- English Studies 111, 112, 122, 132, 141, 142, 152
Plus een van die volgende:
- Duits 178 of 188
- Frans 178 of 188
Intermediêre vlak (tweedejaar) (96 krediete) |
- Politieke Wetenskap 222, 232, 252, 262
- Geskiedenis 214
- Godsdienskunde 252
- Sosiologie 262
- Ekonomie 288
Voortsetting van die taal wat op eerstejaarsvlak gevolg is:
Gevorderde vlak (derdejaar) (100 krediete) |
- Politieke Wetenskap 334, 336, 364
- Sosiologie 334
- Geskiedenis 318
- Godsdienskunde 344, 354
Plus die volgende metadissiplines:
- Sosiologie 315
- Filosofie 354
Kopiereg © 1999 Universiteit van Stellenbosch
Alle regte voorbehou
Laaste wysigings op 27/10/1999 deur PJJvR
Dokument URL: www.sun.ac.za/arts/afrikaans/baintstu.htm
Webwerf URL: www.sun.ac.za/arts/
besoeke sedert 7 Oktober 1999