BA-PROGRAM IN MENSLIKE HULPBRONBESTUUR

  1. Navrae
  2. Algemene Doelstellings
  3. Toelatingsvereistes
  4. Programinhoud en -struktuur

  1. Navrae
  2. Programkoördineerder : Prof D Tromp
    Kontakpersoon : Dr WS de Villiers
    Telefoonnommer : (021) 808-3003
    E-pos : wsdv@maties.sun.ac.za

  3. Algemene Doelstellings
  4. Hierdie program het ten doel om studente oor 地 tydperk van drie jaar voor te berei vir 地 loopbaan in die bestuur van menslike hulpbronne in organisasies. In die RSA bestaan daar 地 dringende behoefte aan die produktiewe aanwending van mensemateriaal sodat sodoende 地 bydrae gemaak word tot organisasie-doelbereiking en om te verseker dat die RSA meer mededingend op internasionale terrein sal wees. Die aard van die program is sodanig dat dit ook voldoen aan die vereistes van professionele liggame soos die Beroepsraad vir Sielkunde en die Suid-Afrikaanse Raad vir Personeelpraktyk (SARPP).

  5. Toelatingsvereistes
  6. Programinhoud en -struktuur
  7. Besonderhede

    Die program strek oor drie jaar en word saamgestel deur vyf eerstejaarsvakke, vier tweedejaarsvakke en twee en 地 halwe derdejaarsvakke. Die program lei tot nagraadse studie, met dien verstande dat aan die toelatingsvereistes vir nagraadse studie voldoen word.

    Studente wat nie 地 Afrikataal as huistaal of as vak in graad 12 gevolg het nie, moet Basiese Xhosa as vak kies. Studente met 地 Afrikataal as vak in graad 12 of huistaal moet Afrikaans of English Studies as vak kies. Vir verdere inligting aangaande die keuse van modules ten opsigte van die vakke English Studies, Politieke Wetenskap en Sosiologie moet die departementele inskrywing in Afdeling 6 van die Jaarboek, Modulelys, geraadpleeg word. Let daarop dat Godsdienskunde slegs tot op tweedejaarsvlak gevolg kan word.

    Programsamestelling

Basisvlak (eerstejaar) (110 krediete)

Intermediêre vlak (tweedejaar) (96 krediete)

Gevorderde vlak (derdejaar) (100 krediete)

Raadpleeg Jaarboek Deel 10 vir die inhoude van standaardmodules van vakke wat deur die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangebied word.


Kopiereg © 1999 Universiteit van Stellenbosch
Alle regte voorbehou
Laaste wysigings op 27/10/1999 deur PJJvR
Dokument URL: www.sun.ac.za/arts/afrikaans/bamhbest.htm
Webwerf URL: www.sun.ac.za/arts/
besoeke sedert 7 Oktober 1999