BA-PROGRAM IN ONTWIKKELING EN OMGEWING

  1. Navrae
  2. Algemene Doelstellings
  3. Toelatingsvereistes
  4. Programinhoud en -struktuur

  1. Navrae
  2. Programkoördineerder : Dr JH van der Merwe
    Telefoonnommer : (021) 808-3103
    E-pos : jhvdm@maties.sun.ac.za

  3. Algemene Doelstellings
  4. Studente word voorberei vir taaksteun en verdere studie ter versekering van die beginsels van volhoubaarheid in die velde van gemeenskapsontwikkeling, bevolkingsontwikkeling, stads- en streekbeplanning, toerismebeplanning en -bestuur, hulpbronbeplanning en -bestuur, geïntegreerde omgewingsbeplanning en -bestuur.

  5. Toelatingsvereistes
  6. Programinhoud en -struktuur
  7. Besonderhede

    Die programstruktuur behels 5 eerstejaarsvakke plus Inligtingsvaardighede, 4 tweedejaarsvakke en 2 en 地 halwe derdejaarsvakke. Die drie sentrale dissiplines, naamlik Geografie en Omgewingstudie, Sosiologie en Openbare en Ontwikkelingsbestuur bly verpligtend in al drie studiejare, met 地 beperkte keuse in die finale jaar. In die finale jaar moet twee en 地 halwe dissiplines uit die drie gevolg word vir 地 totaal van 100 krediete.

    Studente wat aan die wiskunde toelatingsvereiste voldoen mag Ekonomie op die basis- en intermediêre vlak volg. Studente wat nie Ekonomie 178 op die basisvlak volg nie, moet Ekonomie 288 op die intermediêre vlak as keusemodule volg. Minstens Ekonomie 178 (basisvlak) of Ekonomie 288 (intermediêre vlak) is dus verpligtend. Hierdeur word die noodsaak vir Ekonomie-gerigte vaksteun, ten einde ontwikkelingswerklikhede behoorik te kan verstaan en hanteer, ondervang.

    Vir verdere inligting aangaande die keuse van modules ten opsigte van die vak English Studies moet die departementele inskrywing in Afdeling 6 van die Jaarboek (Deel 4), geraagpleeg word. Let daarop dat Basiese Xhosa slegs op eerstejaarsvlak aangebied word.

    Programsamestelling

Basisvlak (eerstejaar) (105 krediete)

Plus twee van die volgende vakke:

Intermediêre vlak (tweedejaar) (96 krediete)

Gevorderde vlak (derdejaar) (100 krediete)

Kies twee en 地 halwe vakke uit die volgende:

[Die halwe vak wat gevolg word moet die vetgedrukte module as keusemodule insluit. Let daarop dat studie in 地 betrokke vakrigting op honneursvlak slegs moontlik is indien die vak as hoofvak (40 krediete) gevolg is en 地 gemiddelde persentasie van 60% in die betrokke hoofvak behaal is.]

Raadpleeg Jaarboek, Deel 10, vir die inhoude van standaardmodules van vakke wat deur die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangebied word.


Kopiereg © 1999 Universiteit van Stellenbosch
Alle regte voorbehou
Laaste wysigings op 27/10/1999 deur PJJvR
Dokument URL: www.sun.ac.za/arts/afrikaans/baontomg.htm
Webwerf URL: www.sun.ac.za/arts/
besoeke sedert 7 Oktober 1999