BA-PROGRAM IN POLITIEKE, FILOSOFIESE EN EKONOMIESE STUDIE (PPE)
- Navrae
- Algemene Doelstellings
- Toelatingsvereistes
- Programinhoud en -struktuur
- Navrae
Programkoördineerder : Prof AA van Niekerk
Telefoonnommer : (021) 808-2055
E-pos : aavn@maties.sun.ac.za
- Algemene Doelstellings
- Om studente relatief breed te oriënteer in drie basiese dissiplines van die humaniora (filosofie, politieke wetenskap en ekonomie) ten einde hulle in staat te stel om genoegsame kennis en vaardighede op te doen wat hulle in staat sal stel om verdere studie in enigeen van hierdie basiese dissiplines, of in ’n geïntegreerde nagraadse program van hierdie dissiplines, te onderneem;
- om studente toe te rus met kennis i.s. die aard, struktuur en werking van die politieke ekonomie, soos lg. as verskynsel en dissipline sy beslag gekry het binne die konteks van die idee- en kultuurhistoriese ontwikkelinge, en met inagneming van die wysgerige raamwerke waarbinne die politieke ekonomie funksioneer;
- om studente toe te rus met besondere kennis en vaardighede wat hulle op ’n eiesoortige wyse geskik maak vir indiensneming in die privaat- en openbare sektore.
- Toelatingsvereistes
- Volle matrikulasievrystelling
- Persentasie in skooleindeksamen: 50% gemiddeld
- Wiskunde (SG) = 50% (D) of Wiskunde (HG) = 40% (E)
- Programinhoud en -struktuur
Besonderhede
Die program behels 5 standaardmodules (vakke) op eerstejaarvlak, vier op tweedejaarvlak en drie op derdejaarvlak. In die derdejaar word drie hoofvakke, nl. Politieke Filosofie, Politieke Wetenskap en Ekonomie aangebied, asook in die eerste twee jaar. Die modules volg op mekaar. Benewens die drie hoofvakke wat deurloop, moet die studente in die eerste jaar ’n taal (een van Afrikaans-Nederlands, Duits, Engels, Frans of Xhosa) volg, en een van die volgende vakke: Geskiedenis, Sosiologie, Ondernemingsbestuur en Godsdienskunde. Enigeen van lg. groep of die taal kan in die tweede jaar as vierde vak voortgesit word. Inligtingsvaardighede is verpligtend in die eerstejaar. Kandidate kan na drie jaar ’n BA-graad verwerf.
Vir verdere inligting aangaande die keuse van modules ten opsigte van die vakke English Studies, Duits, Frans en Xhosa moet die departementele inskrywing in Afdeling 6 van die Jaarboek (Deel 4), geraadpleeg word.
Programsamestelling
Basisvlak (eerstejaar) (105 krediete) |
- Inligtingsvaardighede 172
- Ekonomie 178
- Politieke Filosofie 112, 122, 142, 152
- Politieke Wetenskap 112, 122, 142, 152
Plus een van die volgende:
- Afrikaans 178
- Basiese Afrikaans 178 (slegs eerstejaar)
- Duits 178 of 188
- English Studies 111, 112, 122, 132, 141, 142, 152
- Frans 178 of 188
- Geskiedenis 114, 144
- Godsdienskunde 112, 122, 142, 152
- Ondernemingsbestuur 114, 142, 152
- Openbare en Ontwikkelingsbestuur 114, 144
- Sosiologie 114, 142, 152
- Xhosa 178 of 188
Intermediêre vlak (tweedejaar) (96 krediete) |
- Ekonomie 214, 244
- Politieke Filosofie 212, 222, 242, 252
- Politieke Wetenskap 212, 222, 242, 252
Plus voortgesette studie van een van die volgende:
- Afrikaans 278
- Duits 278
- English Studies 288
- Frans 278
- Geskiedenis 214, 244
- Godsdienskunde 212, 222, 252, 262
- Ondernemingsbestuur 212, 232, 244
- Openbare en Ontwikkelingsbestuur 212, 222, 242, 252
- Sosiologie 212, 222, 242, 252
- Xhosa 214, 244 of 224, 254
Gevorderde vlak (derdejaar) (120 krediete) |
- Ekonomie 318, 348
- Politieke Filosofie 314, 324, 344, 354
- Politieke Wetenskap 314, 324, 344, 354
Inhoude van standaardmodules word weergegee in die departementele modulelyste soos uiteengesit in Afdeling 6 van die Jaarboek (raadpleeg inhoudsopgawe vir bladsynommer) of in die geval van Ekonomie en Openbare en Ontwikkelingsbestuur in die Jaarboek, Deel 10, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
Kopiereg © 1999 Universiteit van Stellenbosch
Alle regte voorbehou
Laaste wysigings op 27/10/1999 deur PJJvR
Dokument URL: www.sun.ac.za/arts/afrikaans/bappe.htm
Webwerf URL: www.sun.ac.za/arts/
besoeke sedert 7 Oktober 1999