Hierdie program het ten doel om studente binne drie jaar 地 deeglike kennis en insig van 地 aantal basiese rigtings in die regswetenskap te voorsien met die oog op meer gevorderde studie as deel van die LLB-program. Die program bied egter ook die geleentheid om die studie van beroepsgerigte regsmodules binne die konteks van ander toepaslike dissiplines binne die geesteswetenskappe te onderneem. Hiermee kry studente 地 breër onderbou en 地 dieper begrip van hoe regsreëls by die samelewing in die algemeen inpas, asook beter algemene kennis en vaardighede van 地 toepaslike aard, in vergelyking met die gewone vierjarige LLB-program.
Die toelatingsvereiste is 地 gemiddelde persentasie van minstens 60% by die toepaslike skooleindeksamen, asook 地 punt van minstens 60% in die hoër graad in een van die amptelike landstale as eerste taal in die Matrikulasie- of daarmee gelykstaande eksamen. Waar Ekonomie as 地 vak gevolg word, word 地 punt van minstens 40% in Wiskunde in die hoër graad of 50% in die standaard graad in die Matrikulasie- of daarmee gelykstaande eksamen vereis.
Die program vereis drie regsmodules in die eerstejaar en 地 basiese kursus in Inligtingsvaardighede, tesame met drie nie-regsmodules, waarvan minstens een 地 taal moet wees. In die tweede jaar is daar drie verpligte regsmodules en twee nie-regsmodules. Die derde jaar behels een en 地 halwe nie-regsmodules, twee verpligte regsmodules op tweedejaarsvlak en 地 basiese kursus in regsvaardighede.
Basisvlak (eerstejaar) (125 krediete) |
Verpligte regsmodules:
Ander verpligte jaarmodule:
Keusemodules (3 x 20):
Drie modules uit die volgende lys, waarvan ten minste een 地 taal moet wees:
Basiese Afrikaans vir vreemde taal- en Afrikataalsprekers 178 of Afrikaans en Nederlands 178; Engelse Studies 112 en 142, asook twee van 111 of 141, 122, 132 en 152; Xhosa 178 of Xhosa 188; Duits 178 of 188; Frans 178 of 188; Latyn 114 en 144 of Klassieke Regskultuur 112, 122, 142 en 152; Ekonomie 178; Politieke Filosofie 112, 122, 142 en 152; Politieke Wetenskap 112, 122, 142 en 152.
Intermediêre vlak (tweedejaar) (116 krediete) |
Verpligte modules:
Keusemodules (2 x 24):
Afrikaans en Nederlands 278; Engelse Studies 278 of 288; Latyn 214, 244 of Antieke Samelewings 214, 244; Xhosa 214, 224, 244, 254; Duits 278; Ekonomie 214 en 244; Politieke Filosofie 212, 222, 242, 252; Politieke Wetenskap 212, 222, 242, 252.
Gevorderde vlak (derdejaar) (104 krediete) |
Verpligte regsmodules:
Keusemodules (1 x 40 + 1 x 20):
Een van die volgende vakke (40 krediete) asook modules van 地 addisionele vak met 地 totaal van 20 krediete uit een van die ander keusemodules wat op tweedejaarsvlak gevolg is:
Afrikaans en Nederlands; Engels; Xhosa; Ekonomie; Latyn; Antieke Samelewings 318, 348; Politieke Filosofie 324, 344, 354; Politieke Wetenskap 314, 324, 344, 374.
Inhoude van standaardmodules word weergegee in die departementele modulelys soos uiteengesit in Afdeling 6 van die Jaarboek (raadpleeg inhoudsopgawe vir bladsynommer).
Raadpleeg Jaarboek Deel 8 vir module-inhoude van regsmodules.