BA-PROGRAM IN SOSIALE DINAMIKA

  1. Navrae
  2. Algemene Doelstellings
  3. Toelatingsvereistes
  4. Programinhoud en -struktuur

  1. Navrae
  2. Programkoördineerder : Prof CJ Groenewald
    Telefoonnommer : (021) 808-2420
    E-pos : cjg@sun.ac.za

  3. Algemene Doelstellings
  4. Toelatingsvereistes
  5. Programinhoud en -struktuur
  6. Besonderhede

    ’n Lys van sosiaal-wetenskaplike vakke, wat tot die kern van die program behoort, verskyn in Groep A (sien skematiese voorstelling). Hieruit moet twee vakke gekies word en oor die drie jaar van studie gevolg word. Verder moet een taal uit Groep Tale gekies word en in die basisjaar aangebied word. Inligtingsvaardighede 172 is ’n verpligte vak wat ook in die basisjaar aangebied word. Benewens die bogenoemde, kan twee verdere vakke aangevul word uit Groep A en/of Groep B wat op die basis- en intermediêre vlak gevolg word. Op die gevorderde vlak word ook ’n samestelling van 24 krediete uit Groep C (Metawetenskap) gevolg.

    Programsamestelling

    Inhoude van standaardmodules, asook bepalings omtrent die volg van vakke, word weergegee in die departementele modulelys soos uiteengesit in Afdeling 6 van die Jaarboek (raadpleeg inhoudsopgawe vir bladsynommer). Raadpleeg ook Uiteensetting van modules aan die einde van die programinskrywing, soos uiteengesit in die Jaarboek (Deel 4), ten einde te bepaal watter modules gevolg moet word.

Aantal standaardmodules

Verpligte- en keusevakke

Totale krediete

Basisvlak (eerste jaar)

10.5

Verplig:

Inligtingsvaardighede 172 (6 krediete)

Keuse:

  • Kies een vak uit die Groep "Tale" (1 x 24 krediete)
  • Kies vier verdere vakke (4 x 24 krediete) uit Groep A en Groep B gesamentlik:

  • Ten minste twee vakke uit Groep A

  • Vul aan uit Groep B indien verkies

126

Intermediêre vlak (tweede jaar)

8

Keuse:

Voortsetting van vier vakke (4 x 32 krediete) gekies uit Groep A en Groep B gesamentlik maar ten meeste twee uit Groep A

128

Gevorderde vlak (derde jaar)

10

Keuse:

Voortsetting van twee vakke gekies in tweede jaar (2 x 48 krediete) uit Groep A

Metawetenskap:

Kies twee metamodules (2 x 12 krediete) uit Groep C

120

VAKKE

Groep Tale

Groep A

Groep B

Groep C Metawetenskap

Basiese Afrikaans

Basiese Xhosa

Duits

English Studies

Frans

Mandaryns

Xhosa

Ekonomie

Geografie en Omgewingstudie

Geskiedenis

Politieke Wetenskap

Sielkunde

Sosiologie

Afrikaans

Antieke Kulture en Samelewings

Applied English Language Studies

English Studies

Inligtingkunde

Openbare en Ontwikkelingsbestuur

Politieke Filosofie

324 Dimensies van Historiese Verstaan

334 Metodologie van Sosiaalwetenskaplike Navorsing

354 Filosofie van die Menswetenskappe

364 Sosiologie en Etiek van Wetenskap


Kopiereg © 2002 Universiteit van Stellenbosch
Alle regte voorbehou
Laaste wysigings op 15/04/2002 deur PJJvR
Dokument URL: www.sun.ac.za/arts/afrikaans/basosdin.htm
Webwerf URL: www.sun.ac.za/arts/
besoekers sedert 15 April 2002