Hierdie driejarige program is bedoel om skeppende, uitvoerende en tegniese personeel vir die Suid-Afrikaanse teater- en mediabedryf, asook aanverwante terreine (bv. skakelwese, onderwys, joernalistiek, kultuursake e.d.m.) te lewer. Belangrik is dat die opleiding nie net op die drama of teater in die tradisionele sin van die woord fokus nie (d.w.s. nie bloot op teater as verhooggesentreerde uitvoerende kuns nie), maar ook op die uitvoerende kunste en die vermaaklikheidsbedryf in die breedste sin (insluitend aspekte soos film, radio, televisie, kabaret, woordkuns, revue, musiekteater, gemeenskapsteater, sosiodrama, psigodrama, opvoedkundige teater, fisieke teater, industriële teater, e.d.m.).
Op tweede- en derdejaarsvlak word ’n keuse uitgeoefen tussen twee opsies, naamlik spelopleiding vir die verhoog en media (Opsie A) en tegniese opleiding vir die verhoog en media (Opsie B). Vir verdere inligting aangaande die keuse van modules ten opsigte van die vakke Duits, English Studies en Frans moet die departementele inskrywing in Afdeling 6 van die Jaarboek (Deel 4), geraadpleeg word.
Basisvlak (eerstejaar) (105 krediete) |
Verpligte vakke:
Plus een van die volgende opsies:
Opsie 1:
Twee van die volgende tale:
Opsie 2:
Intermediêre vlak (tweedejaar) (96 krediete) |
Opsie A:
Opsie B:
Gevorderde vlak (derdejaar) (100 krediete) |
Opsie A:
Opsie B: