Hierdie program het as doel die opleiding van geestesgesondheidspraktisyns wat sielkundige dienste op ’n primêre gesondheidsorgvlak aan die breë Suid-Afrikaanse bevolking kan lewer. Dit is daarop toegespits om studente met daardie kennis en vaardighede toe te rus wat hulle in staat sal stel om ’n bydrae tot die ontwikkeling van menslike potensiaal en die voorkoming van sielkundige probleme te lewer. Verwerwing van die graad lei tot registrasie by die Beroepsraad vir Sielkunde in die kategorie "counsellor".
Die BPsig-graadprogram word aangebied as ’n voltydse vierjarige program met vasgestelde modules vir elke jaarvlak. Aangesien slegs ’n beperkte getal studente tot die program toegelaat kan word, is toelating aan keuring onderworpe. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 Junie van die voorafgaande jaar. Verdere inligting aangaande keuring is by die programkoördineerder verkrygbaar. Vir verdere inligting aangaande die keuse van modules ten opsigte van die vak Xhosa moet die departementele inskrywing in Afdeling 6 van die Jaarboek (Deel 4), geraadpleeg word.
| Basisvlak (eerstejaar) (105 krediete) | 
| Intermediêre vlak (tweedejaar) (96 krediete) | 
| Gevorderde vlak (derdejaar) (100 krediete) | 
| Gevorderde vlak (vierdejaar) (100 krediete) |