English

 
Prosedures vir aansoek om toelating
Algemeen

Die Sosiologie en Sosiale Antropologie departement stuur aan alle voornemende student Aansoekvorms sodra 'n ontvang word. Aansoekvorms is ook beskikbaar by die Navraetoonbank in Administrasie Gebou A.

Let asseblief daarop dat die inhandiging van 'n aansoekvorm nie automatiese toelating tot 'n program verseker nie. Alle aansoeke word deur die Program Komitee oorweeg volgens die toelatingsvereistes.

Prosedures vir aansoek om toelating
Nagraadse Diploma & MPhil
DPhil

Vereistes ten opsigte van die proses om aansoek te doen vir toelating tot die Nagraadse Diploma en MPhil programme
Aansoeke om toelating tot die nagraadse programme sluit op 30 Oktober van die voorafgaande akademiese jaar. Internasionale studente moet asseblief na die akademiese kalender verwys aangesien hierdie datum nie op hulle van toepassing is nie. Voornemende studente moet die volgende inhandig vir toelating:
· voltooide aansoekvorm
· die aansoekfooi
· 'n volledige CV wat die akademiese enprofessionele ondervinding en agtergrond van die aansoeker uitlig
· 'n gesertifiseerde kopie van die aansoeker se akademiese rekord
· 'n gesertifiseerde kopie van die aansoeker se hoogste kwalifikasie
· 'n kopie van die beste werkstuk van 'n vorige/huidge graad/diplomaprogram
· 'n getikte motivering, nie langer as een A4 bladsy, vir toelating spesifiek tot die program waarvoor aansoek gedoen word.

Die aansoekvorms van suksesvolle aansoekers word aan die Kursusse Afdeling van die Universiteit Administrasie gestuur. Sodra 'n aansoek aanvaar is deur die Program Komitee word 'n aanvaardingsbrief en ander details aan die aansoeker gestuur.

Terug na bo

Vereistes ten opsigte van die proses om aansoek te doen om doktorale toelating
1. Alle voornemende doktorale studente moet skriftelik aansoek doen om toelating tot doktorale studie. Hierdie aansoek moet gerig (en gepos) word aan die Registrateur.

2. Alle voornemende doktorale studente MOET 'n kort voorlegging instuur. Lees asseblief die gids vir voornemende doktorale studente wat hierdie proses uiteensit.

Terug na bo

 

© SENWET
Alle Regte Voorbehou