English

 
Nagraadse navorsing
Monitering- en Evalueringsmetodes

Wie moet inskryf?
Program omskrywing
Brosjure (slegs in Engels beskikbaar)

Wie moet inskryf?
Die program sal van onmiddellike belang wees vir enige persoon betrokke by die ontwerp, implementering, monitering en evaluering van publieke programme en intervensies. Die volgende persone sal meer spesifiek baat vind:
· Navorsers en konsultante betrokke by evaluering
· M&E personeel
· Projekbestuurders in navorsing- en/of beplanningseenhede in plaaslike regering, en ook nasionale regerings departemente
· Werknemers van nie-regerings organisasie wat betrokke is by navorsing oor sosiale, opvoedkundige en gesondheidskwessies
· Analiseerders en adviseurs van/vir sosiale beleid s
· Sosiaalwetenskaplike metodologie dosente

Program omskrywing
Die program bestaan uit ses modules en 'n navorsingswerktuk. Die ses modules is:
·
Module 1: Algemene beginsels en paradigmas van evalueringstudies
·
Module 2: Verklarende evaluering
·
Module 3: Prosesevaluering en program monitering
·
Module 4: Tegnieke vir dataversameling in evalueringsnavorsing
·
Module 5: Statistiese en kwalitatiewe metodes vir analise in evalueringstudies
·
Module 6: Ontwerp vir die assessering van impak

Die program word multi-modulêr aangebied. Studente moet TWEE een-week skole bywoon. Hierdie skole sal in April en September aangebied word elke jaar en sal uit seminare, lesings, gespreksfora en ander kontaksessies bestaan. Die skole sal by Stellenbosch Universiteit gehou word.

Meer inligting: Marthie van Niekerk

 

© SENWET
Alle Regte Voorbehou