English

 
SA Knowledgebase

Beskrywing

Die spesifieke doelwitte van hierdie projek is om 'n omvattende databasis oor Suid-Afrikaanse navorsing daar te stel wat inligting sal bevat oor (i) die profiele van die mees "produktiewe" Suid-Afrikaanse wetenskaplikes; (ii) die navorsingsprogramme van hierdie navorsers; (iii) navorsingsuitsette (spesifiek navorsings-artikels in ISI en geakkrediteerde Suid-Afrikaanse tydskrifte) en (iv) institusionele navorsingsinligting (navorsingssentra en -institute, nagraadse studentegetalle, navorsingsbesteding en navorsings-befondsing). Na 5 jaar se werk bevat die databasis tans meer as 88 000 tydskrifartikels wat deur 26 000+ Suid-Afrikaanse wetenskaplikes gepubliseer is. Daarnaas bevat die databasis ook basiese inligting oor meer as 340 navorsingsentra by Suid-Afrikaanse universiteite en technikons sowel as inligting oor meer as 6 000 navorsingsprogramme. Meer onlangs is sistemiese indikatorinligting en inligting oor alle THRIP-projekte tot die databasis toegevoeg.

Kontak asseblief vir meer inligting.

 

© SENWET
Alle Regte Voorbehou