previous page

Inhoud -SJI 1995- Index

next page


media-onderwys

Ontsnapping uit die ivoortoring

Prof George Claassen (4K)Te veel joernalistiekstudente in Suid-Afrika gaan die media dwing om fyner te kyk na die gegradueerdes wat op die mark geplaas word. George Claassen neem die gehalte en kriteria van opleiding en indiensneming in oënskou.

Journalism education today appears to be on the ragged edge of being so hopelessly outdated that its usefulness may soon be severely questioned.

Communications theory faculties are designed to produce promising teachers and researchers in communications theory. Journalism faculties are designed to produce promising journalism practitioners. Combining the two curriculums produces poor theorists and poor journalists.

Twee uiteenlopende menings oor die opleiding van studente aan joernalistiekskole wat duidelik die dilemma van die beroep weerspieël. Die eerste is die waarskuwing van Everette Dennis, uitvoerende direkteur van die Freedom Forum Media Studies Centre in New York, wat op die gevare wys dat joernalistiekskole nie voldoende aandag gee aan die nuwe tegnologiese veranderings in ons samelewing nie en studente steeds oplei in kursusse wat toenemend verouderd raak.

Hierteenoor is die mening van Ben Bagdikian, emeritus professor aan die Nagraadse Joernalistiekskool van die Universiteit van Berkeley en gewese assistent-besturende redakteur van die Washington Post. Bagdikian glo dat "no matter what technological change is likely in the near future, only marginal changes will be needed in the two basic skills of all journalism - the intelligent collection and organisation of public information, and the translation of that information into effective words and images for the lay audience."

Bagdikian se mening is uitgespreek voor die koms van elektroniese koerante, Internet en die Wêreldwye Web, maar nou sal studente móét kennis dra van die tegnologieë wat hul loopbane deeglik gaan beïnvloed in die toekoms. Daarom is dit verbasend dat soveel Suid-Afrikaanse koerante nog nie kennis geneem het van dié nuwe ontwikkelinge nie en dat min joernaliste hier weet hoe nuttig ’n funksie soos byvoorbeeld Profnet gebruik kan word by die insameling van inligting oor enige onderwerp waaroor hulle berigte of artikels moet skryf. Hoeveel plaaslike joernaliste het byvoorbeeld toegang tot die inligtingsbank van die Wêreldwye Web?

Een van die probleme waarmee joernalistiekskole daagliks te doen kry, is om ’n balans te vind tussen opleiding in vaardighede (job skills) en die uiters noodsaaklike blootstelling wat studente moet kry aan ’n breë agtergrond in kritiese denkvermoë en waardes.

Hierdie debat is besig om wyer weerklank te vind in Amerikaanse joernalistiekskole waar dit ook ’n stryd begin word tussen die beginsel dat akademiese personeel uit die joernalistieke bedryf aangestel moet word, teenoor die benadering dat dosente oor goeie navorsings- en publikasie-rekords moet beskik, selfs al het hulle nie ondervinding van die joernalistieke beroep nie. Laasgenoemde standpunt is gelukkig nog in die minderheid, maar daar is al hoe meer druk op joernalistiekskole om ook navorsingsgerig te wees en dat doserende personeel oor gevorderde akademiese kwalifikasies moet beskik, verkieslik ’n doktorsgraad. John Wicklein het hierdie probleem onlangs deeglik onder oë geneem in die Columbia Journalism Review (September/Oktober 1994):

...thousands of students starting classes this fall will find themselves being taught writing, reporting, editing, and television news producing by professors who have never worked in a professional news-room...this is fast becoming the norm, not the exception. The trend is driven by two factors, one academic, one economic.

First is the desire of administrators, envying the prestige of the finest private universities, to make their own universities look like great research institutions ... Second is the demand in recent years for heavy budget cuts.

Since administrators don’t think journalists contribute "real" research, they use budget cuts as an excuse to wield the axe on journalism schools. Practical programs, with their small classes and computer labs, cost a lot; conventional academic programs do not.

Wicklein se artikel wys op die onthutste reaksie van tradisionele joernalistiekskole, waaronder een van die leiers in die VSA, die Nagraadse Joernalistiekskool van Columbia Universiteit; hierdie skole benadruk die nadelige uitwerking wat "ongeskoolde" - in die joernalistiekbedryf - Ph.D.’s kan uitoefen op die beroep. Hy beklemtoon dat "the trend towards using Ph.D.’s with no experience to teach the basics brings howls of anguish from journalists-turned-educators, who say it ignores some important facts: To become good journalists who will satisfy the public’s need to know, students must master such practical techniques as how to follow the paper and money trails and how to dig information out of reluctant sources and computer data banks. They have to know how government really works, and how to find out where the bodies are buried. Experienced journalists can teach them that; Ph.D.’s who have never worked in the field cannot."

In die tagtigerjare het die omvattende en gesaghebbende Oregon Report oor die stand van joernalistiekopleiding in Amerika bevind dat daar redelik eenstemmigheid by Amerikaanse joernalistiekskole was oor sekere beginsels, soos uitgespel deur David Eason, destyds van die Universiteit van Wisconsin-Milwaukee:

I would state the very broad goal to be: the challenging of intellectually curious students to think self-critically about the world in which they live and about the role of the institutions which they wish to join in the making of that world...The end goal of our programs should be to make our students more curious about the world rather than self-satisfied that a few writing techniques are all one needs to cope with the complexities of contemporary society.

In hierdie debat word meer en meer klem gelê op die ontwikkeling van kritiese denke, in samehang met opleiding in die basiese tegnieke van die joernalistiek. Die samestelling van leerplanne kan egter die gevaar inhou dat dit te veel op basiese tegnieke konsentreer. John Soloski van die Universiteit van Iowa waarsku juis in ’n onlangse uitgawe van Journalism Educator dat dit belangrik is "that we teach students to be critical thinkers and to train them to be professionally competent. But our first goal must always be to develop students’ critical-thinking abilities. A danger with professional education is that it tends to become too specialised and students are taught skills that limit rather than expand their opportunities... We need to have a curriculum that focuses on process and not technology; we need to teach our students how to communicate rather than simply how to use the latest technology of communication."

In die VSA het daar met die ontwikkeling van joernalistiekkursusse veral ná die jare sestig nouer samewerking tussen die media en universiteite tot stand gekom. Hierdie verbandskap het gevolg op ’n periode van byna twee dekades direk ná die Tweede Wêreldoorlog toe koerante en die uitsaaiwese min wou weet van opleiding vir joernaliste aan universiteite. Daarna het dit vir universiteite én die media duidelik geword dat dit tot die beroep se voordeel strek om ’n model te ontwerp wat albei kante geval.

Joernalistiekskole in die VSA word sesjaarliks onderwerp aan ’n stelsel van akkreditasie deur die Accrediting Council on Education for Journalism and Mass Communication (ACEJMC). Die raad evalueer kursusse in totaliteit en een van die belangrike beginsels wat neergelê is, is die sogenaamde 75:25 ratio in joernalistieke opleiding wat in 1984 in die Oregon Report uiteengesit is. Die stelsel is gebaseer op "a 25/75 percent system - that is no more than 25 percent coursework may be in journalism." Die res moet saamgestel word uit 75 persent agtergrondvakke wat die breë raamwerk vorm om potensiële joernaliste ’n verwysingsraamwerk in die filosofie, ekonomie, politiek, geskiedenis, tale, breër natuurwetenskappe en/of sosiale wetenskappe te bied. Die destydse dekaan van die Columbia Nagraadse Joernalistiekskool, Osborn Elliott, het die kenmerke van die soort student wat joernalistiekskole moet oplei in 1985 beskryf as "Renaissance men and women able to deal with the crazy rush of change, people who can conceptualise and synthesise."

Die belangrikste bevinding van die Oregon Report was dat joernalistieke opleiding moet geskied "in graduate programmes designed for individuals who already demonstrated their intellectual abilities and completed an undergraduate degree programme. Rather than specific journalistic training, the undergraduate degree would be a broad-based first degree (often a liberal arts major)." En dan die belangrike gevolgtrekking wat vandag by die meeste geakkrediteerde joernalistiekskole aan Amerikaanse universiteite toegepas word:

In summary, while journalism/mass communication curricula have both conceptual and craft elements, some of which deal with knowledge about the field and others which are charged with "hands-on" instruction, both should be more effectively linked to the rest of the university and integrated into a holistic curriculum that has testable outcomes.

Op landwye basis word elke joernalistieke of skool in massakommunikasie op dieselfde grondslag en volgens eenvormige kriteria beoordeel vir akkreditasie. Die volgende twaalf kriteria is ter sake: administrasie, begroting, curriculum, studenterekords en -advies, instruksie, evaluering, personeelsamestelling (heeltyds en deeltyds), internskappe en praktiese ondervinding, apparatuur en fasiliteite, personeelbeurse, navorsing en professionele aktiwiteite, openbare diens, gegradueerdes en alumni, minderheids- en vroulike verteenwoordiging.

In Suid-Afrika is daar tans ’n ooraanbod van studente wat joernalistiek studeer - of wat hoop om via kommunikasiekunde by die beroep uit te kom. Die twee oudste joernalistiekskole in die land is Potchefstroom en Rhodes, terwyl Stellenbosch die enigste na-graadse spesialis-program bied, geskoei op die lees van die Columbia- en Berkeley-modelle in die VSA. Hierdie drie universiteite is die enigste werklike toegespitste opleiers in joernalistiek in die land. Hierbenewens bied die Randse Afrikaanse Universiteit, Unisa, die Universiteite van Zoeloeland, Noordwes, Fort Hare en die Oranje-Vrystaat kommunikasiekundegrade aan wat net gedeeltelik aandag aan die joernalistiek as beroep gee.

Technikons wat spesialiseer in joernalistieke opleiding is Pretoria wat met sy eie streekskoerant, Wesnuus, die leier is, asook die Skiereilandse, Natalse, Noord-Transvaalse en M.L. Sultan Technikons.

In die werkloosheidskrisis wat Suid-Afrika beleef en die ooraanbod van honderde studente wat jaarliks potensieel die mark kan betree waar beperkte media ’n bestaan maak, bly die vraag hoeveel van hierdie joernalistieke en kwasi-joernalistieke programme werklik aan al die kwaliteitsvereistes voldoen wat deur die Oregon verslag aangetoon is. Koerante en instansies in die uitsaaiwese, en organisasies wat jong joernaliste soek om hul huisjoernale te bedryf, behoort na die volgende kriteria te kyk voordat hulle aanstellings maak, kriteria wat duidelik uitgespel is deur honderde redakteurs en dosente in joernalistieke skole tydens ’n landswye opname in die VSA:

Suid-Afrika het miskien nie die komplekse - en soms kontroversiële - akkreditasiestelsel van Amerika nodig nie, maar werkgewers sal ’n groter invloed moet begin uitoefen oor die stroom verwagtinge wat by joernalistiekskole in die land geskep word. Een manier om betrokke te wees, is om die produkte van kwaliteit- en bewese spesialisskole aan te stel. Hier oortree die plattelandse en streekspers nog ongelukkig steeds dikwels deur onopgeleide leke aan te stel.

Joernalistiekskole hier sal ook heelwat meer aandag moet gee aan kulturele geletterdheidsprogramme in hul kursusse. Studente se verwysingsraamwerk en algemene kennis is beroerd en die joernalistiek vereis as beroep dat joernaliste ingelig moet wees. Studente lees nie meer nie en, soos Bagdikian dit stel, moet vandag se goeie joernalis die samelewing se politieke en sosiale prosesse begryp,"not just the microchip revolution".

Te veel studente word plaaslik nog tot joernalistiekskole toegelaat terwyl hul algemene kennis, historiese en politieke verwysingsraamwerk, kortliks hul totale kulturele geletterdheid, nie aan die standaarde voldoen wat die veeleisende beroep vandag stel nie. Keuringstoetse behoort vóór toelating afgelê te word. En behoort matrikulasie- of ten minste eerstejaarsvlak-geskiedenis nie ’n verpligte vak vir alle voornemende joernaliste te wees nie?


previous page

[ Tuisblad ] [ Publikasies ] [ Inhoud / Index ] [ Publications ] [ Home Page ]

next page