previous page

Inhoud -SJI 1995- Index

next page


tech-note

Goeie Môre, Wes-Kaap

Regional Western Cape Television (RWC-TV) is die land se eerste onafhanklike gemeenskapstelevisiestasie wat ’n tydelike lisensie ontvang het. Hester Blom het verby die stelkleders, aanbieders en grimering gaan kyk na die tegnologie en organisasie agter RWC-TV.

Die stasie kon slegs ’n lisensie van die Onafhanklike Uitsaaiowerheid (OUO) bekom van 27 Mei tot 26 Junie (tydens die Węreldbeker) maar hiervoor is vergoed deurdat 24 uur per dag uitgesaai is.

Die stasie was werklik onafhanklik, soos die slagspreuk gelui het: "Jy hoef nie intekengeld of lisensiegeld te betaal nie. Hierdie een is regtig vir jou." Maar hoe het hulle te werk gegaan om hierdie gemeenskapsdiens te lewer?

In Maart vanjaar het die Cape Film and Video Foundation (CFVF) by die OUO aansoek gedoen om ’n tydelike lisensie. Sowat twee maande daarna, op 15 Mei, het CFVF die groen lig gekry. Dié sambreel-organisasie, wat bestaan uit ’n versameling kleiner uitsaai-organisasies, het Six Street Studios in Kloofstraat, Kaapstad gekontrakteer om die uitsendings te hanteer.

Six Street het op sy beurt 150 vrywilligers bymekaargekry. Hulle was bekendes, soos die aanbieders Amoré Bekker en Ursula Stapelfeldt, maar ook minder bekendes soos James Lennox en Jackie Luthuli, wat die geleentheid gehad het om hul vaardighede te slyp.

Volgens RWC-TV se programdirekteur, Rob Brown, is daar is nou ’n nuwe groep jong mense met vaardighede wat lewendige uitsendings kan hanteer.

"En dís waaroor gemeenskapstelevisie gaan: om geleenthede te skep en jongmense die vryheid te gee om te eksperimenteer."

Heruitsendings van rugbywedstryde het 37 persent van die programinhoud uitgemaak. Die res was ’n informele Kaapse brousel: van die ontbytprogram, Cape Town Live, tot programme met name soos "Ja Nee", "Local is lekker" en "Movie Hype". Die stasie se beeld was jonk, energiek en gefokus op die Kaapse gemeenskap.

Maar wat RWC-TV rewolusionęr gemaak het, was nie net dat dit Suid-Afrika se eerste onafhanklike gemeenskapstasie was nie, maar ook dat dit 24 uur per dag uitgesaai en van die gevorderdste tegnologie ter węreld gebruik het.

Die bestuurder van Six Street Studios, Renaldo van der Westhuizen, sę: "Ek dink dit is die eerste keer dat iemand in dié land homself vanuit ’n tegniese oogpunt daartoe verbind om 24 uur per dag op die lug te wees. Met nie net ’n videomasjien wat in die agtergrond loop nie, maar met iemand wat reg deur die nag die beeld wissel."

Die tegnologie van die twee enkelkanaal Avid Airplay masjiene - gehuur om die skedulering van insetsels te doen - was só gevorderd dat niemand in Suid-Afrika opgelei was om dit te gebruik nie. Trouens, RWC-TV was een van vyf televisiestasies ter węreld wat hierdie tipe tegnologie gebruik het. ’n Avid-spesialis, Paul Pierman, is uit Londen ingevlieg om opleiding te kom gee.

Die Airplay masjiene is Apple Mac-rekenaars waarmee alle kort insetsels, van advertensies tot logo’s, ingespeel word. Al die inligting word in die geheue ingelees, op hardeskyf gestoor en kan binne sekondes opgeroep word. As probleme opduik, kan die insetselvolgorde verander word, sekondes voor die beeld op lug gaan.

Alle langer, vooraf-opgeneemde programme, soos die rugbywedstryde, is deur drie Betacam SP videomasjiene ingespeel. ’n Titelgenereerder is gebruik om die stasie se identifikasie, wat deur die OUO vereis word, op die finale beeld te superponeer. Die beeld is van die Airplay- en Betacam-masjiene deur ’n Grassvalley 100-videoskakelbord gevoer waarna dit deur mikrogolfskakel direk na Tygerberg en vandaar na Constantiaberg gesein is.

Maar alles wat uitgesaai is, moes weer as kontrole-maatreël vir die OUO opgeneem word. Daarom het Six Street ’n lugdraad buite die gebou geďnstalleer waarmee die sein opgevang is. Die maatskappy het ’n satellietskottel gehuur om die kanaal, Deutsche Wella, węreldwyd op C-band satelliet beskikbaar, op te neem. Deutsche Wella se Engelse nuusbulletin is heruitgesaai, op voorwaarde dat die kanaal in kennis gestel word en die inhoud en formaat nie verander word nie.

RWC-TV het ook ’n direkte voer van TV1 se węreldbekerwedstryde vanaf Sentech, die seindistribusie-eenheid van die SAUK, ontvang. Dit is dan opgeneem om later ’n minimum van drie keer uitgesaai te word. Die ateljeefasiliteite, drie kameras en ligte is deur Six Street voorsien, maar ’n buite-uitsendingseenheid is by M-Net gehuur. Van der Westhuizen skat dit het Six Street een miljoen rand gekos om die 720 uur uit te saai. Hulle het egter ook borge en skenkings gekry.

Verder het hulle net tien dae gehad om voor te berei vandat die lisensie toegeken is, tot die eerste uitsending. "Dit was gejaagd, maar ons het bewys gemeenskaps-TV is moontlik ten spyte van beperkte fasiliteite."

Maar wat is die toekomsmoontlikhede? Brown sę: "Niemand is seker nie. Dit is geheel en al in die hande van die OUO." OUO-raadslid, John Matisonn, sę daar is geen finale antwoorde oor gemeenskapstelevisie nie. "Die OUO ondersoek nog die beskikbaarheid van frekwensies vir streekstelevisie sowel as die finansiële lewensvatbaarheid daarvan."

Volgens Brown is daar egter sekerheid oor een ding: "RWC-TV het aan die OUO en die land bewys dit kan gedoen word. Onafhanklike streekstelevisie is moontlik."


previous page

[ Tuisblad ] [ Publikasies ] [ Inhoud / Index ] [ Publications ] [ Home Page ]

next page