previous page

Inhoud -SJI 1996- Index

next page


regulars

Akkers en Aikônas

saamgestel deur Retha Kramer

’n Aikôna aan die SABC wat ’n blaps gemaak het deur verkeerdelik ’n Kaapse joernalis se naam en foto op die polisieprogram, Crime Stop, te vertoon wat gesoek word in verband met ’n strafbare manslag-saak. Mandla Melvin Yeki, ’n senior SABC joernalis, eis altesaam R100 000 van die SABC vir karakterskending.

An Acorn to the Mail & Guardian for winning its second major international award within a year. Editor Anton Harber received, on behalf of the newspaper, the Medal of Honour from the University of Missouri’s School of Journalism for "distinguished service to journalism" in September.

’n Aikôna aan die Sondagkoerant, Rapport, wat tjekboekjoernalistiek bedryf het deur Springbok kaptein, Francois Pienaar, se troue eksklusief te dek. Geen ander media is toegelaat by die troue wat in ’n kerk (wat ’n openbare plek is!) in Midrand plaasgevind het.

An Acorn to the Sunday Times which weekly gives Albert Peters from Durban access to top stories. He prints a hundred copies of a Braille newspaper every week. Albert Peters himself is blind and his newspaper has earned him readers from as far afield as Malawi, Botswana and Namibia.

An Aikôna to the Sowetan of 16 May 1996, who placed a photo of Joe Lelyveld and named him editor of the New York Post. Lelyveld is in fact editor of the New York Times, a newspaper whose journalists would rather die than work for the tabloid Post.

’n Akker aan die vryskut spotprenttekenaar, Jonathan Zapiro, vir sy spotprent van Sol Kerzner in die Mail & Guardian van 16 Augustus. Dié sportprent, wat verband hou met die Kerzner-Holomisa debakel, beeld Kerzner uit met ’n paar ANC-lede in sy sak terwyl hy sê, "Same place I used to keep the Nats."

An Acorn to British television commentator and journalist, Jack Bannister, who kept his promise to eat a page of newsprint if South Africa won the cricket test series against England this year. Bannister ate the page (enjoying it with a glass of Chardonnay!) in front of a TV audience of millions.

An Aikôna to the SABC for its coverage of the Atlanta Olympics. Despite sending an enormous team of 87 staffers abroad, the SABC was conspicuously absent after South Africa’s double gold-medallist Penny Heyns’ moment of glory. It was left to New Zealands’ Channel Seven network to interview our swimming star.

’n Akker aan redakteur Martin Welz vir sy tydskrif, Noseweek, se deurlopende ondersoekende joernalistiek in Suid-Afrika. Sonder sy skerp oog sou die toesmeerdery van die omkoopgeld deur die Kaapse Prokureursorde aan die Aktekantoor nooit aan die lig gekom het nie.

’n Aikôna aan Lebona Mosia, afgedankte hoof van Channel Africa (die SABC se radiostasie wat na Afrika uitsaai), wat homself skuldig gemaak het aan "finansiële ongerymdhede". Hy het na bewering met ’n SABC-kredietkaart betaal by ’n masseersalon in die buiteland.

’n Akker aan diegene wat die fyn druk gelees het op die voorblad van die April-uitgawe van De Kat en besef het hulle lees ’n historiese dokument. En ’n Aikôna aan De Kat wat ’n groot blaps gemaak het met die jaartal van die April uitgawe: 1696 i.p.v. 1996.

An Aikôna to SAfm whose political correctness is becoming ludicrous. DJ Will Bernard talking about a "blackboard" and then correcting himself by saying "chalkboard". And Paddy O’ Byrne for changing "the true spirit of Christianity" to "the true spirit of humanity."

An Aikôna to the Mail & Guardian Media Ltd and M&G co-editor Anton Harber for instructing an eavesdropping device to be fitted to a telephone in an office at the Breakers Hotel in Berea. The hotel at that stage was owned by former Civil Cooperation Burea Region Six head, Staal Burger.

’n Akker aan die SABC wat Die Laksman-saak teen die Atoomenergie-Korporasie (AEK) gewen het nadat die AEK ’n interdik teen die uitsaai van die plaaslik vervaardigde program gevra het. Die AEK het gevoel dat Die Laksman se inhoud die korporasie in ’n slegte lig stel.

’n Aikôna aan die SABC wat in ’n nuusbulletin op 23 April 1996 gesê het Mangosuthu Buthelezi, Minister van Binnelandse Sake, het die minibus bestuur waarmee ’n Inkatha-moordbende in 1987 na KwaMakutha is. In die Magnus Malan en ander verhoor is verwys na Thomas Buthelezi.

’n Akker aan Orin Scott, grafiese kunstenaar van Die Burger, wie se lewensgetroue spotprent van ’n TV- en video-swendelaar met ’n groot neus en ore, die Polisie gehelp het om die man aan te keer. ’n Leser van Die Burger het die skets gesien, die man herken en dadelik die Polisie in kennis gestel.

’n Aikôna aan Andre Pretorius, Liryn de Jager en Herman Coetzee van Afrikaans Stereo wat in die oggendbulletin van 1 Augustus 1996 net Suid-Afrika se Hezekiel Sepeng se silwer medalje in die 800 m genoem het, en nie wie die wenner was nie.

An Acorn to Independent Newspapers who chose twelve journalists to undergo an intensive training course in the United States to prepare them to be the next generation of editors.


previous page

[ Tuisblad ] [ Publikasies ] [ Inhoud / Index ] [ Publications ] [ Home Page ]

next page