previous page

Inhoud -SJI 1996- Index

next page


press-ups

Condensing the media: a retrospective of 1996

compiled by Engela Botes

What happened in the Fourth Estate during the past year?

people Die Springbokrugbyspan is die Pretoria Persklub se Nuusmaker van die Jaar vir 1995.

Die Johannesburgse Persklub het Penny Heyns, Suid-Afrika se goue swemmer by die Olimpiese Spele, aangewys as hul Nuusmaker van die Jaar vir 1996.

Die Gautengse redakteur van Landbouweekblad, Charl van Rooyen, is aangewys as John Deere se Landboujoernalis vir 1995.

Moegsien Williams, editor of the Cape Times, is the Sowetan’s Journalist of the Year for 1995.

Mail & Guardian critic, Stephen Gray, won recognition in the National Book Journalist of the Year award. His reports on Nigeria, Zaïre, Rwanda and Kenya made another M&G journalist, Chris McGreal, the runner-up of the Foreign Press Association’s British Media Awards.

Hilary Bassett of The Reader’s Digest is the overall winner of the Medical Association of South Africa’s (Masa) award for medical reporting. Adele Baleta of the Weekend Argus was commended for excellence in medical reporting. The current affairs category for any medium and television was won by Carte Blanche’s Clue Morris and Die Burger’s Marí Hudson.

Die hoofprys in die Sanlam toekennings vir onderwysjoernalistiek is gewen deur Sunday Times se Ramotena Mabote. Willem Breytenbach van Die Burger was die beste nuusverslaggewer.

Igna Schneider, omgewingsverslaggewer van Die Burger, ontvang die Sam Mabe Mediatoekenning vir haar indringende beriggewing oor die Saldanha Staal projek. Die toekenning is een van die Wêreld-natuurfonds SA se Groentrust pryse.

En in Desember het Die Burger se bewaringsredakteur nee gesê vir die bewaringsprys van die Drie Eeue Stigting, weens die Stigting se besluit om alle korrespondensie slegs op Engels te voer.

Die Piet Cillié-prys vir uitsonderlike kreatiewe skryfwerk deur ’n Naspers-werknemer, is toegeken aan Gert Marais, redakteur van F&T en F&T Weekly.

Herman le Roux, vorige sportredakteur van Beeld, het die Phil Weberprys vir prestasie (Naspers se hoogste toekenning) ontvang.

Cathy Stagg, redakteur van die Springs & Brakpan Advertiser is aangewys as 1996 se Joernalis van die Jaar in Sanlam se toekennings vir die Plaaslike Pers. Sy is ook die skrywer van die beste hoofartikels. Elmarie van Rensburg van die Randburg Sun is die wenner in die afdeling vir ondersoekende joernalistiek. Ander Sanlamwenners is: Amelia Genis (Overberg Venster: Rubrieke), Jennifer Ridyard (Benoni City Times: Spesialisartikels), Marti Will (Vista: Aktuele sake), Louis van Wyk van die Germiston City News en Annelize de Lange van Rekord-Oos (Plaaslike bestuur), Johan Viljoen (Paarl Post: Sportverslaggewing), Hennie Smit (Noord-Transvaler: Om-gewingsake), Elsabé Retief (Eikestadnuus: Menslike nuus), Vaalweekblad (Beste voorblad, sirkulasie bo 10 000), West Rand Times (Beste voorblad, sirkulasie onder 10 000), Eddie Alberts (Klerksdorp Rekord: Persfotograaf van die Jaar, Beste geleentheidsfoto en Beste sportfoto) en Sarie van den Berg (Vaalweekblad: Beste nuusfoto).

Hein Swart van Die Burger wen die FAK se Bill Venter-prys vir uitnemende Afrikaanse finansiële verslaggewing.

Former editor of Sunday Independent, Shaun Johnson, is the new editor of Cape Argus. He follows in the footsteps of Andrew Drysdale, who was with the company for 36 years. Johnson’s post is filled by John Battersby. Other new appointments are: Alan Dunn - Pretoria News. Brain Pottinger - Sunday Times. Sven Lunsche - Business Times. Andrea Vinassa - Big Screen. Johan de Wet - Beeld. Willie Kühn - Huisgenoot. Mike Siluma - Sowetan

Jay Naidoo is the new Minister of Post, Telecommunications and Broadcasting.

South Africa’s former ambassador to Denmark, Conrad Sidego, has been appointed as Naspers’s Senior General manager: Corporate.

By SABC Radio is Nico de Kock bevorder tot hoofbestuurder van kommersiële en gemeenskaps-radiostasies. Koos Radebe is die nuwe hoofbestuurder van PBS Radio en openbare stasies.

in memoriam Bob van Walsem, voormalige redakteur van Rapport en Willem Wepener, voormalige redakteur van Beeld, Rapport en Insig.

the printing press In June, the skin magazine which survived three decades of censorship and outrage, has been covered up for good. Scope became a victim of its own brashness. According to editor Dave Mullany, Scope no longer had a target audience as a general magazine because of the proliferation of titles and the infiltration of niche magazines in the market.

Weens ’n gebrek aan geld het die meningsblad Die Suid-Afrikaan na twaalf jaar finaal stil geword met hul laaste uitgawe van Desember/Januarie, "tensy Vader Krismis ons verras met ’n RDP package".

Republican Press beoog ’n nuwe weeklikse tydskrif gemik op die swart mark vir 20 - 36-jariges.

From September, after being a monthly for nearly five decades, Drum, the country’s oldest black magazine, will be available weekly.

Conserva, official magazine of the Department of Environmental Affairs and Tourism, has turned over a new leaf by placing the accent on news and shorter articles that cover environmental issues.

Since November, Independent Newspapers’ new morning Pretoria News is available to readers. Its Sunday paper, Sunday Independent, has been on the shelves since June 1995.

In Maart is die 120ste bestaansjaar van die Cape Times gevier. Die mondigwording van Beeld is in November gevier met steeds stygende sirkulasiesyfers onder veral kleurling- en Indiërlesers. In Nasionale Pers se beleidsverklaring stel die uitvoerende voorsitter, Ton Vosloo, dit onomwonde dat Beeld en Nasionale Pers nie meer die medestryder van een party is nie, maar van ’n veelpartystaat.

City Press editor, Khulu Sibiya, resigned as chairman of the Conference of Editors to form an alliance with the Black Editors’ Forum.

Die beste afgerolde en gedrukte skoolkoerante in Naspers en die Junior Rapportryers se nasionale skoolkoeranteprojek is onderskeidelik dié van Hoërskool Langenhoven op Riversdal en Hoërskool J.G. Meiring.

Magfocus, a periodical aimed at clients of National Magazines in the media and advertisement industries, has won the annual South African Association of Industrial Editors’ award for the best external magazine.

’n Oorkoepelende organisasie om die mediabedryf te help om uit een mond te praat, word verwag tussen die Konferensie van Redakteurs en die Black Editors’ Forum. Al is dit oorkoepelend, sal die twee organisasies steeds onafhanklik voortbestaan, beklemtoon Anton Harber van die Konferensie van Redakteurs.

The winners of the Print Media Association’s Newspaper Awards for 1996 were: The Cape Times (Frewin and McCall trophies for the best daily newspaper) Daily News’ The Saturday Paper (Joel Mervis trophy for the best weekly paper) Vaalweekblad (Cronwright trophy for best regional paper, circulation more than 5 000) Carletonville Herald (Hultzer trophy, circulation less than 5 000)

Mail & Guardian became the first South African newspaper to advertise for a Science and Technology editor. The newspaper also won the prestigious International Newspaper of the Year award from the IPD.

airwaves Bewerings dat die aansoek vir die herindeling van kanale nie net teen die lisensievoorwaardes is nie, maar ook laat ingedien is, knip byna die bekendstelling van die nuwe SABC in Februarie kort. Zoeloe, Afrikaans en Xhosa verloor uitsaaityd en die amptelike "anker-taal", Engels, baat daarby. SABC1 is ingerig vir die Nguni-tale, SABC2 vir Afrikaans, Setswana, Sepedi en Sesotho en SABC3 vir Engels. Die taalindeling en verwarring oor programskedulering veroorsaak gemengde gevoelens, soveel so dat die Junior Rapportryers die SABC en die OUO hof toe vat oor die kwessie.

Die verwarring oor die programgleuwe en uitsaaitye word blameer vir die daling in kykertalle. Vanaf Oktober 1995 tot Maart vanjaar het die SABC die verseëling van 4 500 televisiestelle goedgekeur. Die getal roofkykers (65% vanjaar teenoor 52% in 1993) noop die SABC om te vra vir die verhoging in lisensiegelde om hul inkomste te verhoog. Na raming is 960 000 onbetaalde lisensies uitstaande. Dit is benewens die 570 000 televisiestelle wat nog nooit geregistreer is nie. Verder is ook besluit om die naam van die SABC te verwyder van televisielisensies of aansoekvorms om weerstand te verminder.

’n Satellietoorlog heers in Suid-Afrika. MultiChoice bied tans elf nuus-, sport-, vermaak- en ander televisie-kanale. Die SABC se Astrasat, wat in Julie geloods is, bied gratis kykgenot in die vorm van die drie SABC kanale en twee analoog-satellietkanale, Astraplus en Astrasport. Van Desember, wanneer intekengelde gehef word, sal onder meer ’n nuuskanaal en ’n familiekanaal wat vir vier ure in spitstyd in Afrikaans uitsaai, beskikbaar wees. Kykers wil egter nie byt aan die meer verouderde analoogsisteem van Astrasat nie.

Die konsortium, Free to Air, by monde van voormalige SAUK-man Quentin Green, meen ons het te min televisie. Free to Air is saam met New Africa Investments Ltd., Naledi Trust en die Australiese netwerk, Channel 7, in die wedloop om eienaarskap van die nuwe "oop" televisiekanaal. Hierdie ongekodeerde kommersiële televisiekanaal sal vanaf 1997 regstreeks meeding met die SABC.

The SABC is intent on building a public sector radio service for all audiences. According to SABC radio chief, Govin Reddy, minority audiences deserved a broadcaster catering for their specific needs. He opposed the IBA’s proposed privatisation of Radio Lotus and Radio Good Hope.

The integration of the broadcasting services of Radio Transkei, Radio Ciskei, Radio Thohoyandou and Transkei Television with the SABC was completed at the end of March.

Amid investigations of missing salaries totalling R1,4 million, Capital Radio is up for sale. SABC’s Hoëveld, Jakaranda, KFM, East Coast, Algoa and Oranje radio stations are also for sale. Twenty-two bidders were shortlisted from an initial 110 punters. Bidders have to be licensed by the IBA before qualifying for ownership of any of the stations.

A major relaunch of the new names, programme content and line-ups of the remaining 15 radio stations began in October. Major changes are expected for Radio Zulu, Radio Sesotho and Afrikaans Stereo. The end of October is the deadline for Sesotho Stereo and Radio Swazi to move to their new locations in Bloemfontein and Nelspruit respectively. The unavailability of accommodation for the stations and a lack of finance to erect facilities in the relocated areas are problems yet to be solved.

The initial start-up of eight rural bureaux as part of SABC radio news’ drive to improve previously neglected areas and to include more community issues, will cost R3,2 million.

Radio Sonder Grense, of te wel Afrikaans Stereo, se begroting van amper R40 million is met ’n derde gesny om swarttalige radiostasies te begunstig.

Boland Finansiële Dienste lei ’n konsortium wat hoop om Suid-Afrika se eerste Afrikaanstalige gespreksradiostasie ("talk radio") te loods. Die stasie sal op Mediumgolf in Gauteng en die Wes-Kaap uitsaai indien die finale aansoek om ’n kommersiële radiolisensie deur die OUO goedgekeur word.

In June, Foreign Minister Alfred Nzo announced the ministry would no longer fund the SABC’s external service, Channel Africa. This announcement was later withdrawn.

The IBA granted 82 licences to commercial radio stations in 1995. Six additional licences for private or commercial radio stations were also granted this year.

Community radio stations broadcasting educational programmes are gaining listeners. For example, the Ulwazi Educational Radio Project helps to bring effective education to adult listeners.

You can now listen to radio on the Internet, too. Since April, recorded snippets of Cape Town’s Fine Music Radio (FMR)’s show Night Birds can be heard on their homepage.

censorship America’s V-chip monitor lets parents act as censors and protects children from sex and violence on TV. In an effort to keep up with M-Net (and after numerous complaints), the SABC has introduced symbols to advise viewers on offensive content in programmes.

Die uitgewer van Hustler en Loslyf, Joe Theron, is in Londen in hegtenis geneem op aanklagte van die smokkel van pornografiese tydskrifte en video’s na Brittanje. In teenstelling met Brittanje, is die Wet op die Private Besit van Pornografiese Materiaal in Suid-Afrika geskrap.

Johannesburg rock group Magic Cactus’s controversial song I wanna know, which refers to "magic mushrooms", has been unbanned, following an appeal to the chief executive of radio, Govin Reddy.

market powers Times Media Eastern Cape (Pty) Ltd, ’n swart besigheidskonsortium, het voorlopig R600 000 betaal vir ’n 30% aandeel ter waarde van R12 miljoen in vyf van Times Media Limited se Port Elizabeth-koerante.

City Press het 51% aandeelhouding aan buitemense beskikbaar gestel. Hierdie skuif is spesifiek gerig op swart bemagtiging.

Wetgewing is opgestel om die uitsaairegte vir sekere sportgebeurtenisse te behou vir openbare TV-kanale. Mnr. Steve Thswete, Minister van Sport, sal die wetgewing ter tafel lê as uitsaaiers en sportliggame nie oor ’n gedragskode kan ooreenkom nie.

M-Net het die uitsaairegte vir 25 plaaslike rugbytoetse in die volgende vyf jaar vir R70 miljoen gekoop nadat die SABC hom aan onderhandelinge onttrek het. M-Net het ook al die regte van oorsese rugbywedstryde en die Super Twaalf-reeks bekom. Die SABC het die regte verkry om tot die einde van die eeu alle internasionale tuiswedstryde van die Suid-Afrikaanse krieketspan uit te saai. Die Olimpiese Spele, Wimbledon, die Franse Ope, die Rapport Fietstoer en die Grand Prix-reeks sal ook op die openbare uitsaaier te sien wees.

Nasionale Pers bekom ’n 50% aandeel in Touchline Media (Pty) Ltd, uitgewer van sporttydskrifte SA Sports Illustrated, Kick Off en Runner’s World.

In Augustus het swart bemagtiging ’n hupstoot gekry ná die National Empowerment Consortium (NEC), ’n groep swart beleggers, ’n R8,5 biljoen kontrak met Anglo American gesluit het vir ’n 48% aandeel in Johnnic, die moedermaatskappy van Omni Media. Times Media is deel van die Omni Media-stal. Sunday Times, Financial Mail, Business Day, M-Net en die sellulêre netwerk, MTN, word hierdeur geraak

Die uitgewer Penta Publikasies en sy ses tydskrifte is ná voorlopige likwidasie verkoop aan ’n nuwe konsortium, Independent Newspaper Holdings en SMC Capital.

Kagiso Trust Investments is vinnig besig om hul stempel op die mediawêreld af te druk. Nie net is die enigste bod vir die SABC se Radio Oranje van KTI ontvang nie, maar deur ’n R300 miljoen transaksie het Perskor en Kagiso Publishers gesamentlike beheer oor die Perskor groep verkry. Daardeur het KTI die eienaar van The Citizen geword en ’n aandeel in M-Net, verskeie winsgewende tydskrifte en ’n groot drukkery verkry.

policing the press The services of all journalists working as police reservists, informers or special agents are to be terminated. This follows the controversial involvement of radio journalist Carol Lane being made public during the Magnus Malan trial.

New legislation bans newspapers from publishing photographs of people in custody.

The Media Defence Trust backed 20% of noseWEEK’s editor, Martin Welz’s legal costs in the multi million rand case concerning the alleged defamation of Robert Milton Hall. The Trust feels the case involved the media’s "continuing contest in the court for the right to publish information they believe the public need to know." Weltz won the case.

In August, Western Cape Attorney-General Frank Kahn withdrew previous subpoenas against the editors of Cape Times, Die Burger, Argus, SABC, Sapa and Associated Press to provide information on the activities of the People Against Gangsterism and Drugs (Pagad). Kahn also recognised the possibility that Section 205 of the Criminal Procedure Act - under which they were subpoenaed - may be unconstitutional.

Gauteng police confiscated broadcast equipment worth R250 000 on the premises of right-wing Radio Koppies. It was allegedly stolen from the SABC.

The National Community Radio Forum, the watchdog of community media activists, claims that Sentech - previously the SABC’s technical arm - unfairly assisted the establishing of white Afrikaans community radio stations two years ago. Sentech allegedly sold 39 high-powered FM transmitters to some Afrikaans stations at scrap metal prices on the eve of the inauguration of the IBA.

independent broadcasting authority Die OUO is nou ook by magte om getuies te dagvaar om voor die Uitsaaiklagtekommissie te verskyn. Buiten die 124 klagtes wat ontvang is na die SABC-bekendstelling, het een dame ook gekla oor The Bold and the Beautiful wat plek moes maak vir krieketdekking.

Die OUO het einde Februarie begin met landwye verhore om ’n konsepwet op Openbare Uitsaaidienste en ’n besprekingsdokument oor seinverspreiding op te stel. Kritici bevraagteken die erns van die regering tot die emansipasie van swart mense en vroue ná die benoeming van vier mans (waarvan drie blank is) as nuwe lede van die OUO.

Die beperkinge wat die OUO voorgestel het op die toetrede van koerantgroepe tot die uitsaaimark, het skerp kritiek ontlok by die betrokke partye. Volgens die oorspronklike aanbevelings mag uitsaailisensies nie gegee word aan aansoekers wat regstreeks of onregstreeks meer as 15% van ’n betrokke gebied se totale koerantleserstal het nie.


previous page

[ Tuisblad ] [ Publikasies ] [ Inhoud / Index ] [ Publications ] [ Home Page ]

next page