previous page

Inhoud -SJI 1998- Index

next page


ONVERBONDE en ONVERSKROKKE? DIE AFRIKAANSE ALTERNATIEWE PERS

Teen die agtergrond van wat baie sien as 'n subjektiewe pers, eensydige verslaggewing en 'n deurmekaar land, het die behoefte veral onder Afrikaanssprekendes ontstaan vir 'n koerant wat onafhanklik, gebalanseerd en eerlik kritiek lewer. Dit wil voorkom asof die struggle bestaansreg aan die alternatiewe pers gegee het. Maar dis juis níé nodig om 'n onafhanklike stem te hê wat die nuwe demokrasie beskerm. Finansiering blyk die grootste kluit op die kis te wees. Die Internet kan dalk hierdie probleem oplos, maar is daar iemand wat die guts het om die millennium op 'n alternatiewe manier in te gaan?

Wat het verkeerd gegaan? Die antwoorde is velerlei en kompleks. Apartheid sowel as die struggle het sy tol geeis. Enersyds het dekades van pers-onvryheid, bepaalde heldhaftige episodes van verset ten spyt, ongetwyfeld inhiberend gewerk op redakteurs en persbase, terwyl in die Afrikaanse pers 'n kultuur gevestig is wat na binne en na buite weining plek vir kritiek en onafhanklike verslaggewing gelaat het.

- Andre du Toit

Die Suid-Afrikaan

...En dit is ook wat so 'n koerant kan doen, sien... ons is nou in so 'n situasie waarin daar verskriklik baie wroeging aan die gang is, en deel van hierdie wroeging is om as't ware vrede te maak met ons geskiedenis. Een manier hoe die Nasionale Party en Nasionale Pers vrede maak, is om 'n donker kombers oor die verlede te trek. FW de Klerk het gesê, kom ons vergeet die verlede en kyk vorentoe. Dis nonsens. Om te help in die herinterpretasie van die afgelope 50 jaar se geskiedenis. Daar is 'n geweldige behoefte daaraan om aanmekaar dit te herinterpreteer, om ou koeie uit die sloot uit te grawe. Dis een van die belangrikste dinge waarmee ons mekaar moet besig hou, is om ou koeie uit die sloot te grawe om hulle daarna 'n ordentlike begrafnis te gee ... dit is die enigste manier waarop ons onsself kan herdefinieer in Suid-Afrika.

- Prof. Sampie Terreblanche

Voormalige trustee van DVW

The press offers more illusion than illumination. Indeed, I greatly fear that when democracy does come to us, the press may prove to be the weak link that causes it to fall.

- Ken Owen, 1993

Vorige redakteur van Sunday Times

Ja, daar is definitief 'n groot gat... Die Afrikaner is "illiterate" en wil nie meer regtig weet nie. Daar was nooit werklik 'n groot mark nie. Die VWB het oorleef, deur borgskappe en omdat almal geweet het van die koerant. Dit is nie meer polities geregverdig om vir 'n taal soos Afrikaans 'n klomp geld te gee nie, veral in 'n land met soveel armes soos SA. Die mense, die Afrikaners het nie iets om mee te identifiseer nie. Dat 'n nasie hulle met iets moet identifiseer is baie belangrik.

- Pearlie Joubert

The most obvious reason for the decline of the alternative press is the withdrawal of foreign funding from South African NGO's and the redefinition of development priorities by international donors. ... One way or another the alternative press had to achieve greater commercial viability. ...one is tempted to ask about the demise of the alternatives; did they jump or were they pushed? Hein Marais says: "it was only a fall, but somebody could have grabbed." That somebody is not only the big media and their spoken commitment to a diverse press, it is also the government who need to look serious and deep and creatively into the South African media dispensation and help facilitate processes that will allow for a more dynamic press.

- Sandile Dikeni

Die Suid-Afrikaan

Ons behoort aan niemand nie en skuld niemand g'n niks. Geen koei is so heilig dat dit nie geslag kan word nie. Openbare figure in politiek, die kerk, die sakewêreld en die gemeenskapslewe bly steeds voëlvry. Objektief: Nee, wat. Objektief staan meestal gelyk aan verveligheid en skynheiligheid. Maar wat ons wel belowe, is dat ons gebalanseerd, regverdig en eerlik sal wees. Ek dink die Vrye Weekblad gaan dalk gemis word ...Iemand sal die regering moet hel gee. Jammer dit kan nie die Vrye Weekblad wees nie.

- Max du Preez

Vrye Weekblad


previous page

[ Tuisblad ] [ Publikasies ] [ Inhoud / Index ] [ Publications ] [ Home Page ]

next page