Kyk-weer na die transformasie van funksies
Gegee die grafiek van enige funksie f(x),
trek die grafiek van g(x) = f(x – p) + q.
Ek vermoed jou huidige verstaan hiervan is moontlik instrumenteel (a la Skemp).
As jy geleer het f(x + p)
skuif links en f(x – p) skuif regs,
op grond van die bewerking, is dit
myns insiens erg instrumenteel en boonop kontra-intuïtief.
Dis ‘n strooiman wat in die plek van Wiskunde aangebied word asof dit die ware
Wiskunde is!
Miskien
Miskien nie jy nie, maar baie kinders raak deurmekaar, skuif verkeerde kant toe
... en omdat hulle dit nie relasioneel verstaan nie, het hulle nie eens ’n
manier om te toets of hulle reg of verkeerd is nie ...
Dieselfde geld vir die rek en krimp (skalering) van funksies ...
Werk deur hierdie aktiwiteite ... Kliek en sleep die punte! Probeer om uit
die interaktiewe aktiwiteite ’n relasionele
teorie van die ware Wiskunde te ontwikkel!
Skuif (translasie) |
Skalering (rek en krimp) |
Algemeen |
Translasies
van funksies (Excel) |
Rek
van funksies (Excel) |
Pictures
(Excel) |
Translasies
van funksies (Sketchpad*) |
Rek
van funksies (Sketchpad*) |
New
From Old (Sketchpad*) |
|
|
*IT blokkeer tans die *.gsp dokumente. Kyk in
P://Translations.gsp, Scalings.gsp, NewFromOld.gsp
Handig drie kort paragrawe in:
1. Beskryf kortliks
maar presies in woorde ’n metode om die grafiek van g(x) = f(x – p) + q af te
lei vanaf die grafiek van f(x).
2. Reflekteer: Hoe hou
dit verband met die foutiewe definisie
van terme?
3. Het jy nou iets
geleer? Beskryf jou persoonlike gevoelens/emosies oor jou verstaan hiervan op
skool, en nou (indien verskillend).