TEGNIESE INLIGTING
Blaaier ("browser")Hiperskakels buite SUNET (waarvoor jy dus die Inetkey moet gebruik) word aangedui met die notasie 2.
Terloops, ek kry die Afrikaanse rekenaar- en internetterme 2 op die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans se webwerf, maar ek is alles behalwe pedanties oor die taal! Daar is ook 'n goeie tweetalige Kurrikulum 2005 termelys 2.
PDF dokumenteOf 'n PDF hiperskakel in jou blaaier of in Acrobat Reader open, hang af van jou opstelling: Jy maak die keuse in Acrobat Reader se Edit | Preferences | Internet.
Jy het egter keuses: 'n Regskliek op 'n hiperskakel gee jou 'n keuse om die dokument in jou browser ("Open") of in 'n nuwe venster ("Open in New Window") oop te maak, of op jou hardeskyf te stoor ("download") ("Save Target as").
As jy onbekend met PDF dokumente is, lees hier hoe om PDF dokumente te navigeer.
As jy probleme het om PDF dokumente te druk, lees hier raad om PDF dokumente te druk.
Let op: Ek vind dit help om in die print-keuses te kies "Print as image". Of probeer een bladsy op 'n slag druk. Of save eers die dokument voor jy dit probeer druk.
Praat maar as jy probleme het!