'n Interne konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer is op 22 en 23 Mei 2007 by die US gehou. Die konferensie het ten doel gehad om aan US dosente die geleentheid te bied om hulle gedagtes, ervarings, goeie praktyke en navorsing rondom die tema te deel. Twee internasionale sprekers het ook referate gelewer en daar was 'n prys vir die beste US aanbieding.

Gegewe die sukses van die konferensie is daar besluit om hierdie uitgawe van KOL@US te gebruik om van die kongresbydraes te publiseer sodat dit ook wyer beskikbaar is. Ons dank almal wat hul voordragte vir hierdie doel aan ons beskikbaar gemaak het.

Al die artikels in hierdie uitgawe is geplaas in die taal waarin dit ontvang is.

Volgende uitgawe: Die Eerstejaarervaring. Rig asseblief enige kommentaar, versoeke of bydraes aan .


Beste referaat by die US Akademieskap van Onderrig en Leer Konferensie

Ronelle Carolissen reflekteer oor wat die wen van die prys vir die beste referaat vir haar beteken het. Click to go to the article

Van links na regs: Dr. Ludolph Botha (Akademiese Steun), Dr Betty Siegel (Kennesaw State Universiteit), Ronelle Carolissen en Prof. David Gosling, (Plymouth Universiteit)

Hoofrede: Professor David Gosling
In hierdie referaat, aangebied tydens die konferensie, argumenteer Professor David Gosling van die Universiteit van Plymouth dat ons identiteit as dosente en as mens uit verskeie lae bestaan. Click to go to the article
Artikels en uitgebreide opsommings
Kongresbydraes ontvang: uitgebreide opsommings en artikels. Click to go to the article
2007 Akademieskap van Onderrig en Leer Konferensie

Besoek die konferensiewebwerf vir die res van die opsommings en Powerpoint aanbiedings. Click to go to the article

Aankondigings:

Lente Onderrigakademie, 30 en 31 Oktober, kontak Nicoline Herman

 

Akademieskap van Onderrig en Leer konferensie, Mei 2008, SU, besoek die konferensiewebwerf of kontak Nicoline Herman

 

'n Konferensie wat sal fokus op die "Eerstejaarervaring" (FYE) word in September 2008 aan die US aangebied, kontak Susan van Schalkwyk

 

 

 

 

 

 

 

Spesiale dank aan Grafiese Ontwerper, Lucille Muller (Humarga)
© Kopiereg,
Sentrum vir Onderrig en Leer, Universiteit Stellenbosch, 2007