![]() |
|
![]() ![]() ![]() |
Sosiale Wetenskappe Fokus Kurrikulumondersoek en praxis in die sosiale wetenskappe, met spesifieke verwysing na sosiale studies, diversiteit en inklusiwiteit van verskillende kulture, religieë en waardeoriënterings. Algemene Inligting Navorsingsprojekte wat tans onderneem word sluit aan by internasionale debatte oor die interaksie tussen sosiale omgewings en kurrikulumontwikkeling binne die sosiale wetenskapsonderwys, menseregte-onderwys en diversiteit en inklusiwiteit van religieuse en kulturele waardes. In die lig van die verskeie filosofiese, teoretiese en praktyk implikasies word hierdie navorsing in samewerking met verskeie nagraadse studente en ander tersiêre inrigtings in Suid-Afrika onderneem wat die spanlede ook in staat stel om bydraes in hulle akademiese omgewings te maak. Projekte • SANPAD (algemene inligting) / (SANPAD-website) • Vredesopvoeding (Meer inligting: Stuur e-pos) • Ontwikkeling van 'n mentor-sisteem vir onderwyspraktykstudente Colloquia 2004 In 2004 word 'n suksesvolle internasionale seminaar: 6th International Seminar of the International Network of Inter-religious and Inter-cultural Education,Biennial Symposium on Religious Education in Maart 2004 aan die Departement aangebied. Deelnemers van vyf lande vanuit Europa en Skandinawië was hierby betrokke. Nagraadse en NOS-studente het die simposium bygewoon en twee gaslesings aan voorgraadse studente is deur twee buitelandse akademici beide van Nederland aangebied. Die akademici was Prof. Cok Bakker van die Universiteit van Utrecht en Dr. Ina ter Avest van die CHH-Leeuwaarden aangebied. The voices of the other. 2005 Dr Olav Christian, Departement Onderwysersopleiding, Stord/Haugesund University College, N-5409 Stord, Norway. (September). Gasdosent met MEd- en PhD-studente in 'n colloquium met die tema: International trends in multicultural education: diversity and inclusivity. Uitsette Navorsingsverslae: • Prof CD Roux • Prof AE Carl Akademiese uitsette: • Prof CD Roux • Mnr PAD Beets • Prof AE Carl Besoekende buitelandse akademici aan US 2004 - Bied ‘n internasionale seminaar aan oor The contribution of Religious education to Intercultural Education (29 – 31 March 2004). Vyftien afgevaardigers van 5 lande reflckteer en bespreek navorsings in religie-onderwys in diverse sosiale gemeenskappe. 2004 - Prof Cok Bakker, Departement Teologie en Onderwys, Universiteit van Utrecht, Nederland (Maart). 2004 - Dr Ina ter Avest, CHN Universiteit Leeuwarden en senior navorser aan die Vrye Universiteit van Amsterdam. (Maart) 2005 - Dr Olav Christian, Departement Onderwysopleiding, Stord/Haugesund University College, N-5409 Stord, Noorweë. (September) Gasdosent by Med- en PhD-studente. 2006 - Dr Chris Bond, Universiteit van Roehampton, Engeland. (Februarie) 2006 - Dr Marike Westdijk van die Universiteit Utrecth. (Oktober) (Gasdosent met BEd III studente in Multireligie en multikultuur. 2006 - Prof Cok Bakker, Departement Teologie en Onderwys, Universiteit van Utrecht, Nederland (November) |