![]() |
|
![]() ![]() ![]() |
Taalonderrig en Taal in Onderrig Projekte • Aanvanklike en gevorderde geletterdheidsontwikkeling is die spesialisasie area van Renée Nathanson. Die ontwikkeling van aanvanklike geletterdheid, veral in die tradisie van Marie Clay en Sue Duncan, is besonder relevant vir die Suid-Afrikaanse opset. Die Tereo Navorsingsprojek is uniek daarin dat dit die geletterdheid van straatkinders en ander hoë risiko leerders ontwikkel. Dit sluit onderwysopleiding en ontwikkeling in assesseringsprosedures en benaderings tot die ontwikkeling van geletterdheid in. Die projek, wat in 2005 begin is, word in samewerking met Georgia State University en Stellenbosch Universiteit gedoen en word deur Rotary International en die Rotary Club van Gordonsbaai befonds. Colloquia • Rekenaargesteunde taalonderrig is die spesialisasie-area van Estelle Kruger en sluit aan by nasionale prioriteite soos uiteengesit in die National Plan for Higher Education wat betref die ontwikkeling van IKT in onderwyskontekste. Colloquia • Die Opvoedkundige Taalkunde dek die terreine van die Psigolinguistiek en die Sosiolinguistiek. Die projekte wat hier beskryf word het meestal te doen met die sosiale toepassings van die Linguistiek in die Opvoedkunde. Dit is die spesialisasie area van Christa van der Walt, veral wat betref die rol van Engels in meertalige kontekste, die rol van twee- en meertaligheid in hoër onderwys, taalhoudings en taalbeleid. Colloquia • Kreatiewe skryfonderrig is die spesialisasie-area van Estelle Kruger en sluit aan by die ontwikkeling van kreatiwiteit, verbeelding en skryfvaardighede in die onderrig van Afrikaans, veral die pre-skryffase. Colloquia / Projekte |