Stellenbosch Universiteit
Fakulteit van Lettere
Oorsigkaart
Moderne Vreemde Tale
MPhil
English

Gemeenskapsinteraksie

Gemeenskapsbetrokkenheid

 

Aandklasse DELF eksamens Goethe-eksamens

 

 

Aandklasse

In samewerking met die Internasionale Kantoor (IPSU) bied ons Departement gedurende die semester aandklasse vir beginners in Frans, Duits en Spaans. Die klasse is bedoel vir studente met min of geen kennis van die taal.

Let asb. daarop dat hierdie klasse nie tot enige kwalifikasie lei nie.

Aanbiedingstye en verdere besonderhede:

 

Frans Semester 1 Semester 2
Duits Semester 1 Semester 2
Spaans Semester 1 Semester 2

 

Navrae: Dr Rolf Annas, tel.: 808 2038 of by die Internasionale Kantoor Ms Elize Lizamore, tel.: 808 2912.

 

DELF/DALF Eksamens

Die Universiteit van Stellenbosch is 'n gesertifiseerde eksamensentrum vir die jaarlikse DELF/DALF eksamens wat deur die Alliance Française du Cap gekoördineer word. Studente van die Universiteit van Stellenbosch, studente van Alliance Française de Stellenbosch, en leerders van verskeie sekondêre skole kan die eksamens aflê. Die eksamensessies word by die Department afgelê aan die einde van elke akademiese jaar mits die tydroosters vir die DELF/DALF eksamens nie met die Universiteit se eksamens bots nie.

 

Duitse Taalvaardigheidseksamens

Die Departement Moderne Vreemde Tale is 'n gesertifiseerde eksamensentrum. Alle volwasse leerders van Duits as Vreemde Taal kan inskryf vir die eksamens wat gewoonlik aan die einde van Oktober elke jaar plaasvind

Die volgende eksamens word aangebied:
1. Goethe Zertifikat B1: Zertifikat Deutsch
2. Goethe Zertifikat B2
3. Goethe Zertifikat C1
Vir meer inligting oor die eksamens sowel as vereistes sien www.goethe.de

Eksamendatums en verdere inligting is beskikbaar by die Departement. Kontak Dr Rolf Annas of Mev Renate du Toit.

Anmeldung zur Prüfung (pdf)

 

 

 

Opgedateer: 20-Aug-2009