SELFSTUDIE

"Selfstudietake" is huiswerk/werkopdragte/leeswerk/aktiwiteite wat nie direk in kontaksessies behandel word of deur die dosent gekontroleer word nie, wat die student in eie tyd voltooi.

Hierdie aktiwiteite verskaf 'n breê agtergrond wat noodsaaklik is vir ander voorskriftelike inhoude in die kursus en die vorming van ons perspektiewe. Hoewel nie noodwendig direk voorskriftelik nie, kan studente nie verwag om goeie punte daarsonder te behaal nie.

Ek neem aan dat studente hierdie aktiwiteite voltooi het!

6 Maart: Kurrikulum 2005, Uitkoms-gebaseerde Onderwys (UGO)
Die doelstellings, inhoud, benadering en assessering van Wiskunde-onderwys het radikaal verander sedert jy op skool was! Is dit sigbaar??
Let op hoe die kurrikulum beskryf word met werkwoorde soos "describing, representing, interpreting, analysing, synthesising, conjecturing, inferring, deducing, reflecting, generalising, predicting, refuting, explaining, specialising, defining, modelling, validating, justifying and to collect, summarise, display and critically analyse data to draw conclusions and make predictions".
In Grade 8-10 is daar totaal nuwe vakke en alle leerders moet een van die twee neem!
- Hersiene Kurrikulum vir Wiskunde Gr. R-9: Afrikaans   Engels
- RNCS Gr. R-9: Developing programmes
- National Curriculum Statement, Mathematics Gr. 10-12
- National Curriculum Statement, Mathematical Literacy Gr. 10-12
- Assessment Guidelines
- Meer inligting oor Kurrikulum 2005 (op my MALATI blad)
Bespreek op ons WebCT Forum jou eerste indrukke oor wat verskillend is. Sien jy kans?

9 Februarie: Wat beteken verstaan?
  1. Lees die volgende twee belangrike agtergrondartikels:
    Relational and Instrumental Understanding
    Handling pupils’ misconceptions
    Ekstra: On Constructivism
    Moet dit nie “leer” nie! Vluglees dit sodat jy die hoofidees verstaan en vertroud raak met die terminologie. Lees dit dan later vanjaar weer drie of vier keer ...
  2. Bespreek op ons WebCT Forum jou perspektief op elk van die volgende (reageer ook op jou klasmaats se persepsies):
    • Wat beteken dit om ‘n stuk Wiskunde te verstaan? Waarom is verstaan in Wiskunde belangrik?
    • 'n Leerder sê dat 3xx = 3. Hoe so?
    • "incorrect new learning is mostly the result of previous correct learning"