Sentrum vir Onderrig en Leer
Universiteit Stellenbosch
e-Joernaal September 2007 - Volume 2(2)

’n Model vir die Voorspelling van Eerstejaarsukses aan die US


Alten du Plessis
Tredhousisteem
Universiteit Stellenbosch
sadp@sun.ac.za

Hannie Menkveld
Kurrikulumstudie
Universiteit Stellenbosch
hmenk@sun.ac.za

Die ontwikkeling van modelle vir die voorspelling van studiesukses word wêreldwyd deur navorsers benut in poging om studente sukses en deurvloeikoerse te verbeter. Dít blyk onder andere uit navorsing wat deur Brookshire en Palocsay (2005), Smythe (1995), en Wolfe en Johnson (1995) gedoen is. Vir die Universiteit Stellenbosch (US) is model vir die voorspelling van eerstejaarsukses ontwikkel as deel van die Eerstejaarakademie-inisiatief wat in 2006 van stapel gestuur is. Tydens die ontwikkeling van die model is daar veral op twee aspekte gefokus: dít waarmee die student by die Universiteit aankom (hoofsaaklik kwantitatiewe veranderlikes) en dít wat die student aan die begin van die akademiese jaar op die Alfabasis-vraelys invul (hoofsaaklik kwalitatiewe veranderlikes).

Die primêre doel van die US se voorspellingsmodel is om vooruitskattings te maak oor die moontlike sukses van die eerstejaarstudente aan die US en uiteindelik ook oor die kanse dat hierdie studente hulle kwalifikasies sal verwerf. Sekondêre doel is om daardie studente te identifiseer wat baat sou vind by die hulp wat die Universiteit aanbied en om daardie studente dan breedvoerig in te lig oor die soort individuele hulp wat vir hulle beskikbaar is. Op so manier sou hierdie studente gehelp kon word om sukses met hulle studies te behaal. Navorsing dui daarop dat as hierdie hulpverleningsaanbiedinge sorgvuldig toegepas en gemonitor word, die betrokke studente se prestasies sal toeneem en hulle studiesukses sal verbeter. Uiteindelik behoort die deurvloeikoerse van die programme wat hulle volg ook daarby te baat.

Volgens die literatuur (bv. Behr AL, 1985; Fraser WJ & Killen R, 2003; en Jawitz J, 1995) is graad 12-gemiddelde as veranderlike die grootste enkele voorspeller van sukses; gevolglik is die US-model aanvanklik op grond van graad 12-gemiddelde ontwikkel. Daar is vasgestel dat 35,92% van die variansie in die waarde van die veranderlike eerstejaarsgemiddelde aan die US deur die waarde van die veranderlike graad 12-gemiddelde verklaar word. Hierdie waarde vergelyk goed met soortgelyke internasionale voorspellingswaardes.

Vervolgens is daar ondersoek ingestel na die moontlikheid om databasis saam te stel wat die voorspellingswaarde van eerstejaarsukses op grond van graad 12-gemiddelde alleen sal verhoog. Dit is gedoen deur aanvanklik hele verskeidenheid kwantitatiewe en kwalitatiewe veranderlikes in berekening te bring, veral aangesien groot datastel in terme van sowel die getal veranderlikes (hoe minder hoe beter) as die getal gevalle (hoe meer hoe beter) beter voorspellingswaarde het.

Daar is eerstens vasgestel watter rol elkeen van die kwantitatiewe veranderlikes wat as toelatingsvereistes aan die US gebruik word in eerstejaarsukses speel. Hierdie kwantitatiewe veranderlikes is daarna gekombineer om sodoende die getal veranderlikes te verminder en die getal gevalle te vermeerder. Die resultate het die volgende groepering van die relevante kwantitatiewe veranderlikes as die beste voorspellers van eerstejaarprestasie aangedui: gemiddelde graad 12-prestasie; M-telling; Wiskunde op HG, SG of LG; Natuur- en Skeikunde op HG, SG of LG; Afrikaans op HG, SG of LG; Engels op HG, SG of LG; en toegangstoetse. Hierdie resultate kan die Universiteit uiteraard nie verander nie, maar die Universiteit sou dit wel kon oorweeg om die toelatingsvereistes in terme van hierdie kwantitatiewe veranderlikes te verhoog, veral vir daardie programme waarvan die retensie-, sukses- en deurvloeikoerse te laag is.

Tweedens is vasgestel watter kombinasies van kwalitatiewe veranderlikes (om die getal veranderlikes so laag moontlik te hou en die getal gevalle terselfdertyd te vermeerder), in die voorspelling van eerstejaarsukses gebruik sou kon word. Die invloed van hierdie soort veranderlikes is baie belangrik en beduidend. Navorsingsresultate bevestig dit deurdat navorsing onder andere bewys het dat kwalitatiewe veranderlikes soos hoop, optimisme, sosiale en emosionele faktore, en nie-kognitiewe vermoëns, om maar paar te noem, almal betekenisvolle positiewe verband met die voorspelling van akademiese sukses toon.

Tien kombinasies van kwalitatiewe veranderlikes, wat op die Alfabasis-vraelys gegrond is, is gevind en ondersoek, nl. leier, goeie gedrag, hulp, rekenaar, akademies, balans, welwees, ontspan, universiteitservaring, en besorg. Die resultate dui daarop dat ook hierdie veranderlikes belangrike invloed op die voorspellingswaarde van die model het.

Die voorspellingsmodel is op die Universiteit as geheel en op elke fakulteit afsonderlik toegepas. Die resultate is so bereken dat hulle persentasie uitdruk van die variansie in die waarde van die veranderlike eerstejaargemiddelde wat deur sekere van die gebruikte veranderlikes verklaar word. As voorbeeld word die resultaat van die toepassing van die voorspellingsmodel op die Universiteit as geheel hier gegee, nl. 43,39% van die variansie in die waarde van die veranderlike eerstejaargemiddelde word verklaar deur die volgende tien veranderlikes: graad 12-gemiddelde; Natuur- en Skeikunde op HG, SG of LG; toegangstoetse (kwantitatiewe veranderlikes) en goeie gedrag; hulp; rekenaar; welwees; ontspan; universiteitservaring; en besorg (kwalitatiewe veranderlikes). Volgens hierdie resultaat behoort dit ook duidelik te wees dat die kombinering van sowel kwalitatiewe as kwantitatiewe veranderlikes die beste voorspelling van eerstejaarsukses gee.

Die waarde van die voorspellingsmodel lê dus onder andere daarin dat dit indirek aandui watter eerstejaarstudente suksesvol behoort te wees en watter eerstejaarstudente die risiko loop om nie suksesvol te wees nie. Positiewe verwikkeling ten opsigte van die hantering van die eerstejaarstudente wat waarskynlik nie suksesvol gaan wees nie, is dat elke eerstejaarstudent wat die Alfabasis-vraelys voltooi, geruime tyd reeds geïndividualiseerde hulpaanbiedinge per e-pos en via die webbladsye (op die studenteportaal) volgens sy of haar response op die vraelys ontvang. Op so manier word die tekortkominge in student se profiel hanteer deur dit onder sy of haar aandag te bring. As die betrokke student dan boonop van die hulpaanbiedinge gebruik maak en sy of haar studiesukses daardeur verbeter, is dit tot sowel die student as die Universiteit se voordeel. Sodoende het die voorspellingsmodel die potensiaal om tot die verbetering van eerstejaarstudente se studiesukses, slaagsyfers en uiteindelik ook deurvloeikoerse by te dra.


Back to Main Page Terug na artikelindeks

© Kopiereg, Sentrum vir Onderrig en Leer, Universiteit Stellenbosch, 2007