Sentrum vir Onderrig en Leer
Universiteit Stellenbosch
e-Joernaal September 2007- Volume 2(2)

Studente Persepsies en Ervaring van ’n Ouditsimulasie


Mnr L Steenkamp
Department Rekeningkunde
Universiteit Stellenbosch
lsteenkamp@sun.ac.za


Die sillabusse van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) en die International Federation of Accountants (IFAC) vereis integrasie van Informasie Tegnologie (IT) met die professionale vakke (insluitend Ouditkunde) wat benodig word om te kwalifiseer as geoktrooierde rekenmeesters. Daar is ook internasionaal vertoë dat die manier waarop Ouditkunde aangebied word, verander behoort te word. Teen hierdie agtergrond het Universiteit Stellenbosch se Rekeningkunde Departement ‘n ouditsimulasie ontwikkel. Die simulasie neem die studente deur die hele ouditproses, vanaf aanvaarding van ‘n nuwe kliënt, deur stawingsprosedures tot by die afhandelingsaktiwiteite en vereis van studente om deurlopend ouditwerkspapiere op te stel. Die stawingsprosedures fokus op voorraad en word gebaseer op ‘n databasis wat groot genoeg is om studente aan te moedig om effektief gebruik te maak van IT.

 

Die leerdoelwitte van die simulasie is om Ouditkunde te integreer met IT, asook om studente bloot te stel aan ‘n oudit wat so na as moontlik aan die werklikheid is as wat in ‘n klasomgewing bereik kan word. ‘n Vraelys is ontwikkel om studente se persepsies van die simulasie te toets en hierdie studie rapporteer die resultate van die vraelys. Die simulasie is oor die algemeen positief ervaar. Studente het gevoel dat die simulasie bygedra het tot hul begrip van Ouditkunde en hul bewus gemaak van die praktiese toepassing van IT-funksionaliteite. Die grootste punt van kritiek is dat studente voel dit neem te veel van hul tyd in beslag. Die studie is van algemene relevansie vir opvoedkundiges, aangesien die beginsels en resultate toepaslik is op simulasies in enige omgewing en waarskynlik ook op die gebruik van gevallestudies.

Powerpointaanbieding (in Engels)

 

Terug na artikelindeks

© Kopiereg, Sentrum vir Onderrig en Leer, Universiteit Stellenbosch, 2007