Referate

TUIS            REFERATE            REGISTRASIE            KONTAK BESONDERHEDE   

        AANWYSINGS & AKKOMMODASIE         PROGRAM

 

Kantoor van die Dekaan



Stellenbosch Universiteit se Regsfakulteit nooi alle dosente uit om die Vereniging se konferensie in 2011 by te woon. Diegene wat graag aan enige van die sessies wil deelneem, kan gerus ‘n opsomming van u referate aan die Fakulteit stuur.


Kontak

Yolandi Sylvester

Sekretaresse van die Dekaan

Tel: 021 808 4853

Fax: 021 886 6235

Epos: yolandi@sun.ac.za


Karin Wiss

Akademiese Bestuurder

Tel: 021 808 3780

Epos: karinwiss@sun.ac.za


Fisiese Adres

Ou Hoofgebou

h/v Ryneveld & Victoria Straat

Stellenbosch, 7600

 
 

Die Vereniging van Regsdosente van Suidelike Afrika doen ‘n beroep op alle regsdosente om referate in te dien vir oorweging. Gekeurde onderwerpe sal dan op die Vereniging se konferensie op Stellenbosch dien.


Hierdie konferensie bied aan afgevaardigdes die geleentheid om kollegas van ander institusies te ontmoet, vakkennis te deel en idees uit te ruil met dosente in dieselfde veld. Junior, sowel as senior, akademici word aangemoedig om deel te neem aan die konferensie en referate van enige aard te lewer. ‘n Prys sal ook aan die beste nuwe spreker toegeken word.


Die konferensie sal ‘n wye reeks dissiplines dek, waarvan onder andere privaatreg en publiekreg, korporatiewe en kommersiële reg, internasionale reg, handelsreg, sakereg, strafreg en arbeidsreg aandag sal geniet.


Stuur asseblief ‘n opsomming van nie meer as 1 000 woorde teen 31 Augustus 2010 na

sltsa@sun.ac.za.

Sprekers wat graag aan die kompetisie wil deelneem moet asseblief ‘n volledige referaat indien teen 15 November 2010.

Laai die uitnodiging af:   (.pdf)

AFRIKAANSCall_for_papers_Afr_files/Call%20for%20papers%20%28Afr%29%20Final.pdf
ENGELSCall_for_papers_Afr_files/Call%20for%20papers%20%28Eng%29.pdf