Die Universiteit van Stellenbosch verwelkom
Die Vereniging van Regsdosente van Suidelike Afrika Konferensie 2011Introduction.htmlIntroduction.htmlshapeimage_1_link_0shapeimage_1_link_1

TUIS            REFERATE            REGISTRASIE            KONTAK BESONDERHEDE   

        AANWYSINGS & AKKOMMODASIE         PROGRAM

NEW
 
 

Die Vereniging bied elke agtien maande ‘n konferensie aan waartydens enigeen wat betrokke is by regsonderrig die geleentheid kry om idees en navorsingsuitsette uit te ruil. Die volgende konferensie sal op 17 tot 20 Januarie 2011 plaasvind, en word deur Stellenbosch Universiteit gehuisves.

 

Die Konferensie

Datum

Maandag 17 Januarie 2011 - Donderdag 20 Januarie 2011


Plek

Stellenbosch Universiteit

Fakulteit Regsgeleerdheid

Ou Hoofgebou

h/v Ryneveld & Victoria Straat

Stellenbosch


Koste

R950.00

R1 200.00 (Laat Registrasie)

Die Vereniging

Die Vereniging van Regsdosente van Suidelike Afrika (SLTSA), is die amptelike forum vir regsakademici in Suidelike Afrika, en word op verskeie invloedryke liggame verteenwoordig. Die Vereniging stel ten doel die ontwikkeling van regsnavorsing en onderwys asook die bevordering van die professionele belange van sy lede deur, sover moontlik, as die gemeenskaplike stem van regsakademici op te tree.


Huidige ampsdraers van die Vereniging:

President: Prof C Nicholson Universiteit van Pretoria

Visie-president: Prof M Kidd Universiteit van Kwa-Zulu Natal

Ere-tesourier: Prof C Rautenbach Noordwes Universiteit

Ere-sekretaris: Me T Morojane Universiteit van Pretoria

Die Fakulteit Regsgeleerdheid is geleë in die Ou Hoofgebou, op die hoek van Victoria- en Rhyneveldstraat.  Hierdie gebou was aanvanklik, in 1886, ingehuldig as die hoofgebou van die "Victoria Kollege". Die gebou is ook 'n monument ter herdenking van die 200ste bestaansjaar van hierdie dorp deur Simon van der Stel in 1686.


Die Fakulteit Regsgeleerdheid van Stellenbosch Universiteit het in 1921 tot stand gekom. Aanvanklik het die fakulteit gefokus op LLB-grade ; om studente op te lei en die nodige vaardighede aan te leer as regspraktisyns en juriste. Oud-studente van hierdie fakulteit sluit in: lede van die regbank, advokate, prokureurs, politici, akademici en leiers in besigheid. In 1976 is die LLM (Tesis) graad vir die eerste keer toegeken aan twee studente.


Die Fakulteit het ook later, in 1994 die LLM (gedoseerde) program vir die eerste keer bekend gestel. Hierdie LLM-program is baie gewild onder internasionale studente. Die Fakulteit verwelkom jaarliks studente van o.a. Duitsland, Nederland, België en Oostenryk asook topstudente van die Afrika kontinent, veral uit Zimbabwe, Botswana, Kenya, Tanzanië en Nigerië.

Regshistorici konferense

Die SLTSA Konferensie 2011 sluit in die Konferensie van Regshistorici.


Alle afgevaardigdes na die Konferensie van Regshistorici word uitgenooi om die registrasieproses van die SLTSA Konferensie, soos uiteengesit op hierdie webstuiste, te volg.