Navorsing maak onafskeidbaar deel uit van die Departement, en individuele personeellede geniet nasionale sowel as internasionale erkenning in hul velde. Die Departement is ingebed in `n aktiewe netwerk van navorsingsvennootskappe en -samewerking wat strek oor akademiese instellings, NRO's en regeringsdepartmente dwarsoor Suid-Afrika, Afrika en nog verder, insluitend in die VK , Holland, Frankryk, Uganda, Indië, Duitsland en die VSA.

‘n Vername sterkpunt van die Departement is dat dit verbind is tot die integrasie van besinning en beoefening met betrekking tot Sosiale Teorie en Navorsingsmetodologie in nagraadse navorsingsopleiding.

Die Departement handhaaf sedert die middel-1990's `n sterk navorsingsfokus op: gemeenskapsontwikkeling, armoede en sosiale sekerheid (beide nasionaal en provinsiaal); die landbousektor in die Wes-Kaap; sosiaal-wetenskaplike navorsingsmetodes; wetenskap- en tegnologiestudies, en stedelike, jeug- en gender-studies. Dit het ook toegepaste navorsing in die gebied van plaaslike en streeksontwikkeling uitgevoer.

In onlangse jare is nuwe navorsingsbelangstellings en –projekte tot hierdie gevestigde velde toegevoeg, insluitend die sosiale aspekte van MIV/VIGS, gewapende magte in die samelewing, grondhervorming en die omgewing, kulturele identiteite, en die sosiologie van religie. Die Departement geniet ook `n aktiewe verhouding met SENWET (die Sentrum vir Navorsing oor Wetenskap en Tegnologie), 'n fakulteitsgebaseerde navorsingsentrum onder die direkteurskap van Prof Johann Mouton, 'n lid van die Departement.

Navorsingsgroeperings

Die volgende is vername navorsingsfokusgebiede van personeel en nagraadse studente:

  • Die sosiologie/antropologie van ontwikkeling, insluitend gemeenskapsontwikkeling
  • Die sosiologie van werk, insluitend innovasie in die wynbedryf
  • Grond, omgewing en samelewing, insluitend grondherstel en beskermde gebiede
  • MIV/VIGS, seksualiteit en samelewing
  • Gender-identiteit
  • Konflik, sekuriteit en die militêr
  • Kultuur, religie en taal
  • Verstedeliking, regeringsbestuur en nuwe stedelike vorme
  • Tersiêre onderwys en onderrig
  • Die wetenskapsosiologie
  • Sosiaal-wetenskaplike navorsingsmetodologie.

Vir meer inligting oor huidige navorsingsprogramme, sien die aangehegde navorsingsprojekte (PDF) oorsig.

Besoekende navorsingsgenote en na-doktorale studente

Reëlings vir die inneem van besoekende navorsingsgenote en na-doktorale studente kan geïnisieer word deur òf individuele personeellede, òf die Hoof van die Departement te nader, en word in onderhandeling met die Departement as geheel gefinaliseer. Die Departement verwelkom die geleentheid om sy huidige navorsingsprogramme en –netwerke deur middel van sodanige geleenthede te versterk, afhangende van die beskikbaarheid van hulpbronne.

Departmentele Geleentheidstukke

Die Departement bedryf sedert 1996 `n Geleentheidstukreeks. Dit voorsien personeel, studente en genote van 'n afset vir die publikasie van navorsingsverslae, tesis-opsommings en werk-in-wording.