Stellenbosch Universiteit
Fakulteit van Lettere
Oorsigkaart
Moderne Vreemde Tale
MPhil
English

Meer oor ons benadering

Approach

Die algemene raamwerk vir die onderrig van en die navorsing gedoen op vreemde tale in Suid-Afrika word bepaal deur situasies waarin taalgebruikers van enige van die land se tale in mondelinge en skriftelike vorm in verbinding tree met taalgebruikers van 'n vreemde taal. Hierdie situasies staan bekend as die proses van interkulturele / transkulturele kommunikasie.

 

Die voorgraadse programme in Vreemde Tale lei studente vanaf basiese tot gevorderde interkulturele / transkulturele kommunikasievaardighede. Lede van die Departement is studente-geörienteerd en bly om studente in die proses van taalaanleer en konsolidasie te assisteer deur hulle met tekste (in die ekstensiewe sin van die woord) vertroud te maak: koerantberigte, kortvertale, romans, films, tydskrifte, oudiobande om maar net 'n paar te noem. Buite-universitêre gespreksklasse bied oorgenoeg oefening aan studente in 'n oorsponklike leeromgewing. Studente kan ook gebruik maak van die goed-toegrusde rekenaarlaboratoriums. Vir die fliekvlooi is daar 'n video-biblioteek met 'n groot verskeidenheid films - van dokumentêre films tot rolprente of hulle kan via satelliet na Franse, Duitse en Chinese televisiekanale kyk. Baie studente in die Departement het gebruik gemaak van die uitruilprogramme wat ons met oorsese universiteite en instellings in Frankryk, Duitsland, Oostenryk en China het.

Die nagraadse programme stel studente in staat om selfstandige navorsing te doen. Met verwysing na die algemene raamwerk, sluit dit byvoorbeeld die ontwikkeling van taalaanleer-materiaal in die MPhil-program Hipermedia vir Taalaanleer in. Daar word aan studente wat kies om selfstandige navorsing op 'n nagraadse vlak in Frans of Duits te doen die moontlikheid gegee om hulle spesifieke navorsingsbelange soos literatuur of film-analise te verken of om deel te neem aan die Departement se navorsingsprojekte. Studente word ook aangemoedig om hulle voorbereidingsnavorsing vir MA- and Doktorsgrade by oorsese instellings waarmee ons vennootskappe gesmee het, te doen of om deel te neem aan uitruilprogramme.

Lede van die Departement is aktief betrokke by verskeie professionele organisasies., insluitend die Association for German Studies in Southern Africa (SAGV), die Goethe-Institut, DAAD , IFSA, AFSSA en die Nasionale Kantoor van Chineesonderrig (Chinese Teaching). Ons moedig ook ons nagraadse studente aan om referate by hulle kongresse te lewer.

Die Departement het die volgende navorsingsprioriteite:

 

Opgedateer: 17-Aug-2009