Stellenbosch Universiteit
Fakulteit van Lettere
Oorsigkaart
Moderne Vreemde Tale
MPhil
English

Meer oor ons geskiedenis

History

Frans en Duits het 'n trotse geskiedenis van meer as 120 jaar aan die Universiteit van Stellenbosch. Aanvanklik is die tale saamgegroepeer met Nederlands by die Departement Moderne Vreemde Tale. Vir baie jare het dieselfde dosent al drie tale onderrig.

In 1918 het Frans en Duits afsonderlike departemente gevorm. In 1998 het die twee departemente weer saamgesmelt om 'n nuwe Departement Moderne Vreemde Tale te vorm. Die nuwe Departement kan voortbou op die sterk fondament wat deur sy voorgangers gelê is, veral in die veld van Vreemde Taalpedagogiek, onderrigsopleiding, letterkundige en kulturele geskiedenis en letterkundige kritiek.

Ons emeriti sluit in proff. J.J. Smith (lees artikel uit Die Burger van 11 Augustus 2007), E.A.G.T. Friedländer, J.L.M. Franken, G.P.J. Trümpelmann, F.M.P. Oosterhof, E.G. Meiring en R. Kussler. Ons heg waarde aan hulle bydrae.

 

Opgedateer: 17-Aug-2009