INHOUD

Home

Editor's Letter

TECHNOLOGY

Reinventing the tube

Keeping up with the Times

J-blogging the best of both worlds?

'n Kykie na die veranderende eenoog-koning

MXit worth its moola

Techno impaired

Mobile media: A threat?

PEOPLE

Solo journalism

What the eyes do not see, does grieve the heart

Beautiful journalism

Vrouetydskrifte + die internet = 'n blink toekoms?

Can u sms it 2 me?

Do you get your news?

Die Burger vir die burgers

The artist formerly known as the audience

THE CHANGING ROLE OF THE MEDIA

Rebuilding the Chinese wall

Politici en hul waghonde

ENVIRONMENT

Burning issue: A changing climate, a changing media

Van toeka tot nou: Die 50/50 suksesverhaal

ART

Kort aan kortverhale?

"Teater van die gedagte" se swanesang?

Gevra: 'n drukmedia Harry Potter

Fluit-fluit is die storie uit vir boeke en boekresensies?

SPORT

Wat sport van vol is, loop die pen van oor

Keeping the game alive...with "sportainment"

 

 

'n Kykie na die veranderende eenoog-koning

Soos alles, het ook die televisie as nuusmedium oor die jare verander. Die
snelgroeiende tegnologiese ontwikkelinge van vandag beteken egter dié veranderinge is nog lank nie verby nie. Crystal Robertson het gaan kyk wat die toekoms vir die eenoog-koning inhou.

Van swart-en-wit na volkleur, van groot en bonkig na ligter en platter. Só het die gesig van die kassie ver­ander. Die swart-en-wit spikkelbeelde met die soms sigbare, bewegende wit lyntjie is lankal iets van die verlede. Die tegnologie vir beeldsending het verfyn en televisie-skerms is deesdae nie net plat nie, daar is selfs dié soort wat opgerol kan word. Die verwikkelinge wat die kassie reeds ondergaan het, is egter niks in vergelyking met wat wag nie.

Peet van Staden, uitvoerende regisseur van Afrikaanse televisienuus by die SABC, het in ’n telefoniese gesprek gesê: “Die kassie sal in die toekoms in twee opsigte verander. Nuusprogramme sal meer aangrypend wees en tegnologie vir beeldsending sal verbeter.”

Drie mediums vir televisie

Volgens Van Staden begin die proses van televisieuitsending by ’n rekenaarbediener. Die sein kan deur drie verskillende mediums na die verbruiker gestuur word.

Die eerste medium behels seinversen­ding deur die aardstasies na ’n huishou-d­­­ing. Kykers ken dit as die tradisionele televisie.

Van Staden sê die afgelope 20 jaar het kabeltegnologie vir televisieuitsending dieselfde gebly met slegs enkele aanpas-sings vir tradisionele televisie. Die uitsen­ding is ’n analoogproses aangesien dit van ’n satelliet per telefoonlyn in een rigting na die kyker gestuur word.

Die tweede medium is die internet in die vorm van internet protokol televisie.

Die derde medium vir televisieuitsen-ding is draagbare toestelle soos selfone en iPods. Dié toestelle is maklik om te gebruik en jy het enige plek en enige tyd toegang tot die mees onlangse nuus.

Die meeste mense het selfs twee tot drie televisies tuis. Ander Suid-Afrikaners,veral in townships en die platteland, moet radio luister. Hulle span hul verbeelding in om ’n visuele beeld te vorm.

’n Visie vir televisietegnologie

Deesdae word weg beweeg van die standaard eenrigting versending. Tweerigting interaksie tussen selfoon en televisie, wat bekend staan as Standaarddefinisie Reeks Koppelvlak is vandag moontlik. Kykers kan per selfoon vir hul gunsteling Pop Idol stem of Sondagaand in die gemak van hul sitkamer standpunt oor ’n Interface-debat inneem. Op satellietkanale is die proses lankal nie meer eenrigting nie. Kykers laat reeds hul me-ning hoor.

Van Staden het ook gepraat van die toegang tot televisie op draagbare toe-stelle. Vir die grootskaalse verspreiding van nuus per draagbare toestel is lisensiëring nodig. Om dié rede is nuusverskaffing beperk tot gelisensieerde orga-nisasies en die mark is nog nie oop vir lede van die publiek nie.

Volgens die webwerf www.intomobile.com is Japan en Suid-Korea die baanbrekers in mobiele televisie. In middel 2007 was daar sowat 38 miljoen mobiele televisiegebruikers in Japan en Suid-Korea.
Mense dáár kan hul lugtyd gebruik om televisieprogramme te kyk. Twee kanale is vir dié mobiele gebruikers beskikbaar.

David Terblanche, Wes-Kaapse streekbestuurder van Air Time TV Outside Broadcasts, het in ’n telefoongesprek gesê die koms van video-op-aanvraag sal meer interaksie en betrokkenheid van kykers verseker. Die diens sal die kyker in staat stel om ’n program van keuse aan te vra en dit te kyk wanneer die kyker wil. Die afgelaaide program word op ’n toestel gekyk selfs al is daar geen netwerk nie.

Nog ’n tegnologiese verandering vir televisie is die Hoë-definisie Reeks Koppelvlak, sê Van Staden. Volgens ’n berig wat in Sake24 se inligtings en kommuni­kasietegnologie-afdeling gepubliseer is, is Multi-Choice en DStv, as satelliet die eerste om reeds in Julie vanjaar sy nuwe generasie hoë-definisietelevisie na Suid-Afrika te bring.

Hoë-definisie lewer ’n televisiebeeld met ’n hoër resolusie en is helderder. Dié tegnologie maak dit moontlik vir televisie om ’n skerper beeld en duideliker kleursamestelling te projekteer. Dié verwikkeling is net betyds om die hoogste gehalte kykplesier aan entoesiaste van die 2010 FIFA Wêreldbeker te bied. Selfs die beste televisieskerm sal ’n nog skerper en duideliker beeld gee, sê Van Staden.

’n Visie vir nuusprogramme

“Nuus se verpakking op die televisie is vir kykers belangrik en dit sal ook verander,” sê Van Staden. Volgens hom ondersteun kykers gewoonlik televisiekanale waarvan die nuus gesaghebbend, goed geskryf en aantreklik is.

Hy sê in vroeër jare is die feite akademies verpak. Die taal en styl van nuus was nie gebruikersvriendelik vir ’n groot groep kykers nie. Diegene wat nie ’n hoë geletterdheidsvlak gehad het nie, het nie belang gestel om die nuus te kyk nie. Van Staden sê kompetisie tussen televisiekanale soos e.tv en SABC 1, 2 en 3 verseker dat nuusverskaffers nuus met goeie perspektief, balans en deeglike verpakking lewer.

Joernaliste kan reeds nuusgebeure wat hulle met ’n draagbare toestel opgeneem het, op die internet plaas. In die toekoms sal mense betaling hiervoor kry. Die nuusmark sal oop wees vir enigeen wat inhoud op die internet wil plaas. Sterk kompetisie om die beste nuusstorie en -hoek te kry sal plaasvind. Mense wat nuus verskaf op hul eie webtuiste se uitdaging sal wees om so veel as moonlik kykers te lok. Die nuusverskaffers wat meer kykers het, sal meer geld maak en suksesvoller wees.

Volgens Van Staden het die aantal televisiekykers min of meer dieselfde gebly ondanks die groei in die wêreldbevolking. Meer organisasies het die wêreldwye mark betree om televisienuus aan hulle te verskaf, sê Van Staden.

Die mark vir televisieuitsending op die wêreldwye web en draagbare toestelle gaan oor die volgende paar jaar volgens Van Staden vinnig groei, veral aangesien tyd ’n bepalende faktor in die mens se besige daaglikse roetine word.

Die tyd het aangestap, maar die een-oog-koning sal nie verdwyn nie. Dit word eerder in die broeksak en handsak oral saamgedra.