Onderhewig aan opgradering - sien asb Engelse webwerf

SU-STaST is `n nuwe interdissiplinêre navorsingsentrum van die Fakulteit Lettere en die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch. Dit spruit voort uit noue samewerking van meer as twintig jaar tussen die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese en die Departement Afrikatale aan die Universiteit. SU-STaST se aktiwiteite het in Januarie 2005 `n aanvang geneem en bestaan uit die volgende twee groepe:

  • Die DSP Groep
    Die Digitale Seinprosesseringsgroep vorm deel van die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, en focus op spraakherkenning, taalherkenning en patroonherkenning.

  • Die Fonetieklaboratorium
    Die Fonetieklaboratorium is gekoppel aan die Departement Afrikatale. Die ontwikkeling van ge-annoteerde teks- en spraakkorpora is een van die aktiwiteite van die laboratorium. Tans word gefokus op tale soos Afrikaans, Suid-Afrikaanse Engels, Zulu, Xhosa, Sotho en `n Wes-afrikaanse taal, Civili.

SU-STaST fokus op Menslike Taaltegnologie (MTT) in die Afrikakonteks en onderneem basiese en toegepaste navorsing tot op prototype-vlak. Die sit die werk voort van die vorige Navorsingseenheid vir Eksperimentele Fonologie (NEFUS) wat veral betrokke was by die ontwikkeling van die African Speech Technology (AST) projek.

   
         
   


Tel: +27 21 808 2017 / Faks: +27 21 808 3975
E-pos:

Webwerf Instandhouding:
Laaste opgedateer: 12 June, 2007