Navorsing

SU-STaST is `n nuwe interdissiplinêre navorsingsentrum van die Fakulteit Lettere en die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch. Dit spruit voort uit noue samewerking van meer as twintig jaar tussen die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese en die Departement Afrikatale aan die Universiteit. SU-STaST se aktiwiteite het in Januarie 2005 `n aanvang geneem en bestaan uit die volgende twee groepe:

Die huidige navorsingagenda sluit die volgende onderwerpe in:

  • Aksentvariasie in Suid-Afrikaanse Engels – met `n fokus op die implikasies vir die ontwikkeling van robuuste outomatiese spraakherkenningstelsels binne Suid-Afrikaanse konteks.
  • Geoutomatiseerde veeltalige toegang tot telefoongebaseerde dienste – hierdie projek fokus op telefoniese selfhelpdienste in geselekteerde amptelike tale van Suid-Afrika.
  • Taalaanleertegnologie – hierdie navorsing fokus op spraakgebaseerde taalonderrigstelsels oor verskillende taalgroepe heen.

    Hierdie projekte impliseer basiese en toegepaste navorsing op die gebiede van
    • Outomatiese spraakherkenning en sintese
    • Natuurlike spraakprosessering
    • Die ontwikkeling van sagteware vir taal- en spraakprosessering

Navorsing word onderneem deur personeel van verskillende akademiese departemente asook deur nagraadse studente.

   
         
   


Tel: +27 21 808 2017 / Faks: +27 21 808 3975
E-pos:

Webwerf Instandhouding:
Laaste opgedateer: 3 October, 2006