Programme
Lesings
word gewoonlik in Engels aangebied, maar voorsiening sal vir
beide Afrikaans- en Engelssprekende studente gemaak word.
Aansoekprosedure
Die
departement sosiologie sal die nodige toelatingsvorm aan studente
voorsien wanneer dit versoek word. Die volgende
dokumentasie moet u aansoek om toelating vergesel:
- aansoekfooi
(kontak die kursuskoördineerder vir die korrekte bedrag)
- 'n
kort CV
- 'n
gesertifiseerde afskrif van u akademiese rekord en 'n gedragsertifikaat
- 'n
gesertifiseerde afskrif van die hoogste graad of diploma
verwerf.
Die
sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober van die vorige
jaar (datums vir aansoeke mag vir die verskillende programme
variëer).
Name
en besonderhede van kandidate wat vir 'n betrokke program
aanvaar is, sal aan die universiteitsadministrasie voorsien
word. 'n Toelatingsbrief word hierna aan studente uitgestuur
met inligting oor die registrasieproses.
Registrasie
prosedure
Voltooi
die toepaslike registrasievorm, betaal die registrasie fooi
en ten minste die eerste paaiement van klasgelde en in die
gevalle van tweedejaar registrasies en daarna (studente moet
jaarliks weer registreer) moet 'n voortsettingsfooi betaal
word.
Doktorale
kandidate
Die prosedure vir aansoeke vir doktorale grade verskil
van die ander graadprogramme:
- Kandidate
moet 'n voltooide aansoekvorm, die aansoekfooi, 'n kort
CV en kwalifikasie sertifikate aan die departement sosiologie
voorlê.
- 'n
Afspraak moet met die relevante dosent(e) gemaak word om die
onderwerp vir studie te bespreek (sien die personeel en navorsingsblad vir spesialiteitsareas). Hierna sal 'n komitee
vergader om die onderwerp in terme van die spesialiteitsareas
van die departement te evalueer.
- Na
konsultasie met die aangewese promotor kan die kandidaat
aan 'n navorsingsvoorstel begin werk.
- Nadat
die navorsingsvoorstel deur die departement, fakulteitskomitee,
raad en senaat aanvaar is, kan 'n kandidaat as DPhil student
registreer.
Beurse
en beurslenings
Die universiteit (Afdeling
Navorsingsontwikkeling), Nasionale Navorsingstigting
en ander instansies bied beurse vir nagraadse studente aan.
Die departement het ook 'n beperkte aantal beurse vir verdienstelike
kandidate. Kontak asseblief die programkoördineerder
vir verdere inligting.
Aanvang
van studie
Met
die aanvang van studie sal die volgende inligting, afhangende
van die graadprogram, aan studente voorsien word:
- kursusinligting, insluitende kursusfooie
- reis, losies en verblyf
- voorgeskrewe boeke
- beurse en lenings
Navrae
As u enige navrae het kontak asseblief die volgende persone:
Vir die programme: Honneurs, MA, DPhil (Sosiologie/Sosiale Antropologie/Ontwikkeling), MPhil (Gemeenskap en Ontwikkeling/Organisasies en Openbare kulture) kontak:
Cyrildine Fortuin
Kamer 423, LSW gebou
Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie
Universiteit van Stellenbosch, Privaatsak X1,
Matieland 7602, Suid-Afrika
Tel: +27 (21) 808-2417; Faks: +27 (21) 808-2143; e-pos: cfortuin@sun.ac.za Vir die programme: Nagraadse Diploma (Monitering en Evaluering), MPhil/DPhil (Sosiaalwetenskaplike metodes/Studie van wetenskap en tegnologie) kontak: Marthie van Niekerk
Kamer 448, LSW gebou
SENWET
Universiteit van Stellenbosch, Privaatsak X1,
Matieland 7602, Suid-Afrika
Tel: +27 (21) 808-3708; Faks: +27 (21) 808-2023/2143; e-pos: mvn3@sun.ac.za |