Stellenbosch Universiteit
Fakulteit van Lettere
Oorsigkaart
Moderne Vreemde Tale
MPhil
English
French Students and Lecturers

Leer Frans - die Afrika-taal wat jou vlerke gee!

Verbeter jou kommunikasievermoë deur nog 'n wêreldtaal aan te leer


Frans 178
is bedoel vir studente met geen voorkennis van die taal nie. Dit is 'n intensiewe beginnerskursus. Frans 188 is bedoel vir studente wat Frans as derde taal in Graad 12 geslaag het en bou voort op taalvaardighede wat op tersiêre vlak verwerf is. Die kursus sluit lesings oor die Franse taal en letterkunde in, asook lesings wat bedoel is om studente met 'n kulturele kennis van Frankryk en Franssprekende lande toe te rus en hulle voor te berei op buite-universitêre eksamens, soos die DELF eksamens. Frans 278, Frans 314 en Frans 348 is die intermediêre en gevorderde voorgraadse vlakke en voer die studie van Franse literatuur en taal verder. Addisionele lesings op derdejaarsvlak berei studente vir die gebruik van Frans in professionele situasies voor. Studente van ander fakulteite kan Frans as 'n ekstra vak neem.

In die Lettere Fakulteit word Frans in die volgende voorgraadse programme aangebied:

•   BA Geesteswetenskappe (eerste, tweede en derde jaar)
  •   BA Taal en Kultuur (eerste, tweede en derde jaar)
•   BA Inligtingkunde (eerste, tweede en derde jaar)   •   BA Internasionale Studie (eerste en tweede jaar; die derde jaar is opsioneel)
•   BA Regsgeleerdheid (eerste, tweede en derde jaar opsioneel)   •   BDram (eerste en tweede jaar)
•   BA Musiek (eerste en tweede jaar)   •   BMus-Program (eerste en tweede jaar)
•   BA Politieke, Filosofiese en Ekonomiese Studie (eerste en tweede jaar)   •   BA Waarde- en Beleidstudie (eerste jaar)
•  BA Sosiale Dinamika (eerste jaar)      


Ons nagraadse programme bestaan uit 'n Honneursprogram in Frans en die MA-program in Frans. Die Honneursprogram konsentreer op Franse letterkunde uit Frankryk en Franssprekende lande en berei studente op selfstandige akademiese navorsing voor. Die MA-program bestaan uit 'n selfstandige navorsingsprojek van die student se keuse en die dokumentering daarvan in die vorm van 'n tesis wat 100% van die prestasiepunt tel.

 

Frans 178
Inleiding tot die Franse Taal en Kultuur

Eerstejaarsmodule
Duur van module: een jaar
Krediete : 24
Aanbieding : 3 lesings, 1 tutoriaal and 1 praktiese klas per week
Toelatingsvereistes : Die module word aangebied vir beginners; geen voorkennis van Frans word vereis nie.

Die module is bedoel om studente 'n basiese kommunikasievermoë te gee. Dit stel studente in staat om hedendaagse Frans in alledaagse situasies te verstaan, te praat, te lees, en - in 'n mindere mate - te skryf; en wél met 'n basiese kennis van die hedendaagse leefwêreld in Franssprekende lande.

Algemene Uitkomste

Studente wat die module suksesvol voltooi het, is in staat om Frans in alledaagse situasies te verstaan, te praat, te lees en (tot 'n mindere mate) te skryf, en wél met 'n basiese kennis van die hedendaagse leefwêreld in Frankryk.

Spesifieke Uitkomste

Na die suksesvolle voltooiing van Frans 178 is 'n student in staat om

Frans 178 Modulebeskrywing (pdf)

 

Devoirs de vacances (FRN 178) 2008 - 2009

Regs-kliek op die hiperskakels hieronder en kies “Save Target As ...” om die klankleêrs af te laai.

1. Ma collection d'amours

2. Les voyages en train

 

Frans 188
Intermediêre Studie van die Franse Taal, Letterkunde en Kultuur

Eerstejaarsmodule
Duur van module: een jaar
Krediete : 24
Aanbieding : 3 lesings en 1 tutoriaal per week
Toelatingsvereistes : Frans 188 word aangebied vir studente wat Frans in Graad 12 geslaag het of 'n gelykwaardige standaard daarin bereik het.

Algemene Uitkomste

Studente wat die kursus suksesvol voltooi het, is in staat om Frans met gemak in 'n groot verskeidenheid alledaagse situasies te gebruik, letterkundige tekste in die vorm van gedigte, kortverhale, toneelstukke en romans te analiseer en te bespreek, en wél met 'n basiese kennis van die hedendaagse leefwêreld in Frankryk.

Spesifieke Uitkomste

Na die suksesvolle voltooiing van Frans 188 is 'n student in staat om

Frans 188 Modulebeskrywing (pdf)

 

Frans 278
Voortgesette Studie van die Franse Taal, Letterkunde en Kultuur

Tweedejaarsmodule
Duur van module: een jaar
Krediete : 32
Aanbieding : 3 lesings, 1 tutoriaal en 1 praktiese klas per week


Die tweedejaarskursus lei studente tot gevorderde kommunikasievermoë in Frans en sluit ook 'n inleiding tot die interpretasie van Franse letterkunde in.

Algemene Uitkomste

Studente wat die module suksesvol voltooi het, is in staat om

Spesifieke Uitkomste

Na die suksesvolle voltooiing van Frans 278 is 'n student in staat om

Frans 278 Modulebeskrywing (pdf)

 

Frans 318
Gevorderde Studie van die Franse Taal, Letterkunde en Kultuur I

Derdejaarsmodule
Vlak : derde jaar
Duur van module: een semester (eerste semester)
Krediete : 24
Aanbieding : 3 lesings, 1 praktiese klas per week

Frans 348
Gevorderde Studie van die Franse Taal, Letterkunde en Kultuur II

Derdejaarsmodule
Vlak : derde jaar
Duur van module: een semester (tweede semester)
Krediete : 24
Aanbieding : 3 lesings, 1 praktiese klas per week

 

Die twee derdejaarsmodules benader die studie van letterkundige tekste aan die hand van temas wat tot die multidissiplinêre interpretasie van hierdie tekste lei. Die kursus sluit ook 'n inleiding tot navorsingsmetodologie in om studente op selfstandige akademiese navorsing voor te berei. In die kursus word daar ook op die praktiese en professionele toepassing van taalstudie gefokus.

Algemene Uitkomste

Studente wat die kursus suksesvol voltooi het, is in staat om

Spesifieke Uitkomste

Na die voltooiing van Frans 318 en 348 is 'n student in staat om

Modulebeskrywing Frans 318 (pdf)

Modulebeskrywing Frans 348 (pdf)

 

Frans 778
Honneursprogram in Frans

Kursuskode : 13145 - 778
Vlak : vierde jaar
Duur van kursus : een jaar
4 lesings, 2 seminaarsessies per week
Toelatingsvereistes : 'n BA-graad met Frans as hoofvak of 'n gelykstaande kwalifikasie.

Hierdie program is 'n nie-spesifieke kursus in Franse letterkunde. Die hoofdoel van die kursus is om die student se bestaande kennis en taalvermoë te versterk en verder te ontwikkel, om sy/haar vaardigheid in letterkundige analise te verseker en hom/haar op navorsingsmetodologie in die vakgebied Frans en vergelykende letterkunde voor te berei.

Die duur van die kursus is een jaar en die kursus bestaan uit drie onafhanklike temas.

Algemene Uitkomste

Studente wat die kursus suksesvol geslaag het, is in staat om

Spesifieke Uitkomste

Na die voltooiing van die Honneursprogram in Frans is 'n student in staat om

Frans 778 Honneurs Modulebeskrywing (pdf)

 

MA-program in Frans

Kursuskode : 13145 - 878 (na Honneurs)
Vlak : na BA Honneurs
Toelatingsvereistes : 'n Honneurs-graad in Frans of 'n gelykwaardige en toepaslike kwalifikasie wat deur die Senaat goedgekeur word.

Hierdie program het geen onderafdelings nie. Suksesvolle voltooiing van die program behels die afhandeling van 'n selfstandige navorsingsprojek en die dokumentering daarvan in die vorm van 'n tesis wat 100% van die prestasiepunt tel. Studente skryf 'n tesis oor 'n onderwerp wat deur die Departement en die kandidaat in onderlinge oorleg bepaal word.

Algemene Uitkomste

Studente wat die program suksesvol voltooi het, het bewys gelewer van hulle vaardigheid

Spesifieke Uitkomste

Na die voltooiing van die MA-program in Frans is 'n student in staat om

 

 

Doktorale program in Franse Studies - Doctor Litterarum (D. Litt.)

Kursuskode: 13145 – 978
Duur: Ten minste twee jaar
Navrae: Dr Catherine du Toit

Toelatingsvoorwaardes: ‘n MA in Frans of ‘n gelykwaardige en toepaslike kwalifikasie wat deur die Senaat goedgekeur word.

Suksesvolle voltooiing van die program behels die afhandeling van ‘n navorsingsprojek en die dokumentering daarvan in die vorm van ‘n proefskrif wat 100% van die prestasiepunt tel en wat deur die interne sowel as eksterne eksamineerders, ook by wyse van ‘n mondelinge eksamen, beoordeel word.

 

Verdere inligting oor beurse:: NRF Prestige /Equity Scholarships for Masters and Doctoral study in 2008

 

Nuttige skakels

Sitographie Francophone Sommaire Ressources en Ligne pour étudiants

 www.afssa.org.za
L’Association des Études françaises en Afrique australe.

 www.auf.org
L’Agence universitaire de la Francophonie dont l’Université de Stellenbosch est dorénavant membre associé.

 www.alalettre.com
Un très bon site littéraire comportant des biographies d’auteurs, des analyses et des liens externes.

 www.fabula.org
La référence pour la recherche littéraire.

 www.fle.fr
La référence dans le domaine du Français Langue Étrangère. Comment étudier en France, des cours en ligne et une masse impressionnante d’informations (cliquer sur “cartable connecté).

 http://www.academie-francaise.fr/langue/index.html
Certaines difficultés de la langue française expliquées par des spécialistes de l’Académie française à Paris. Vous pouvez également leur envoyer vos questions spécifiques auxquelles ils répondront.

 www.bonjourdefrance.com
Bon site pratique pour tous les niveaux d’apprentissage.

 www.languageguide.org/francais
Apprendre le vocabulaire français de base.

 http://www.cortland.edu/flteach/civ/
La civilisation française en ligne. Un site de l’Université d’État de New York à Cortland pour améliorer ses connaissances de la vie française

 http://www.diplomatie.gouv.fr/fr/actions-france_830/livre-ecrit_1036/collection-textes_5281/foire-aux-textes_5283/index.html
Les grands classiques de la littérature française en plein texte (et sans copyrights) sur le site du Ministère des Affaires Étrangères à Paris.

 http://www.diplomatie.gouv.fr/fr/actions-france_830/livre-ecrit_1036/collection-textes_5281/florilege-poesie-francaise_5282/index.html
La même optique pour la poésie française.

 http://centros6.pntic.mec.es/eoi.de.hellin/ressources/conjugaison.htm
Site espagnol excellent sur la grammaire française, de nombreux liens, toutes les règles importantes en ligne et dans un langage simple. Beaucoup d’exercices d’application.

 www.paroles.net
pour chanter en français ! Les paroles de milliers de chansons françaises et francophones.

 http://clicnet.swarthmore.edu/fle.html
Une autre référence francophone basée aux États-Unis au collège universitaire de Swarthmore. Tout ce qu’un étudiant peut désirer. Des centaines de liens et d’informations.

 http://grammaire.reverso.net/ la grammaire interactive du français
Vous tapez une question on vous répond en ligne en utilisant une très bonne banque de données.

 www.rfi.fr
Écoutez Radio France internationale sur l’internet.

 www.tv5.org
Regardez certains programmes de la chaîne satellitaire francophone.

 

Jaarboekinskrywing

Updated: 17-Aug-2009