Stellenbosch Universiteit
Fakulteit van Lettere
Oorsigkaart
Moderne Vreemde Tale
MPhil
English
Examples of MPhil projects

Programstruktuur en -inhoud

Die program behels 'n studie van en opleiding in rekenaargesteunde taalpedagogiek binne die wye veld van opvoedkundige hipermedia. Dit maak studente vertroud met relevante konsepte, beginsels en tegnieke en stel hulle in staat om hipermedia-toepassings vir die aanleer van 'n taal krities te evalueer, te ontwerp, te ontwikkel en te skryf. Die program kan óf residensieel (een kontaksessie per week vir drie uur) of nie-residensieel (kommunikasie via epos, webtuisblad en FTP-bediener) gevolg word.

Beskrywing van Module
Eerste jaar : Verpligte module
Konsepte, beginsels en tegnieke van opvoedkundige hipermedia 771 (120) (E)

Tweede jaar : Verpligte module:
Tesis/rekenaartoepassing (100%) 872 (120)

Vir meer inligting kontak:Renate du Toit of Lesley Bergman, tel. 021 - 808 2050/808 2133 (secretary)

 

Programstruktuur en -inhoud

Kursuskode: 54143 - 887
vierde- en vyfdejaarsmodule
Duur van kursus: 'n minimum van twee jaar
Aanbieding: 3 lesings per week (slegs module 1)

Uitkoms

Die tweejarige MPhil-program in Hipermedia vir Taalaanleer stel suksesvolle kandidate in staat om professionele hipermedia-toepassings wat oor die jongste tegnologie beskik vir die Internet of losstaande stelsels te beplan, te ontwerp, te ontwikkel en krities te evalueer deur grafika-, klank- en videomateriaal te inkorporeer.

Eerste studiejaar

Die eerste studiejaar bestaan uit agt modules wat die volgende aspekte dek:

  1. Bestudering van die program-omgewing: gereedskap om take mee te verrig (Windows, epos-programmatuur, deurblaaiers, FTP, WinZip ens.).
  2. Basiese multimediabeginsels: inleiding tot skandering, digitale fotografie, klankopname-programmatuur en grafiese redigeerders.
  3. Teks: tekseienskappe (gedruk en elektronies), tussengebied, oorspronklikheid, 'n kommunikasie-model, die invloed van kultuur op teks. Produseer teks met MS Word en bied teks aan met PowerPoint.
  4. Taalpedagogiek: Teorië oor die pedagogiek, metodologie van taalaanleer, outonome aanleer en die ontwerp van materiaal vir taalaanleer. Inleiding tot die skryf van stelsels.
  5. RGTO (Rekenaargesteunde Taalonderrig) / CALL (Computer assisted Language Learning): Inleiding tot rekenaargesteunde taalpedagogiek en navorsing wat binne hierdie veld gedoen word.
  6. Webontwerp: die basiese praktiese en teoreties beginsels, toepassing op taalaanleer.
  7. Gevorderde Multimedia: vaslê van beelde, digitale fotografie, inleiding tot Flash.
  8. Gevorderde Webontwerp: gevorderde teoretiese en praktiese beginsels, toepassing op taalaanleer.

Elke module bestaan uit teoretiese en praktiese onderdele en word afgesluit met 'n opdrag wat beoordeel word. Die eerste jaar van die program bestaan uit 'n inleiding tot die basiese konsepte en beginsels, die studie van die relevante literatuur en die bestudering van die relevante programmatuur. Die eerste studiejaar kan óf residensieel óf nie-residensieel gevolg word. Residensiële studente ontmoet een keer per week vir ten minste drie uur. Alle studente het toegang tot 'n toegewyde webwerf wat 'n rooster, kursusmateriaal, opdragte en skakels tot bronne bevat, asook 'n FTP-bediener.

Aan die einde van die eerste studiejaar word twee eksamens afgelê (Vraestel 1: Teorie en Vraestel 2: Toepassing) wat 50% van die prestasiepunt van die eerste studiejaar tel.

Tweede studiejaar

In die tweede studiejaar skryf die student óf 'n tesis (van 120 bladsye) óf hy / sy ontwerp 'n persoonlik nagevorsde en beplande rekenaarprojek wat uit 'n taalaanleer-toepassing bestaan wat óf 'n alleenstaande program is óf deur 'n tesis van 70 bladsye vergesel word. Aan die einde van die eerste studiejaar waarin studente 'n inleiding tot alle aspekte van hipermedia vir taalaanleer ontvang het, kies hulle een van die opsies.

Die tesis of rekenaarprojek word vir die studieleier, 'n interne- en 'n eksterne eksaminator aangebied tydens 'n mondelinge eksamen. Die werk afgelê in die tweede studiejaar tel 50% van die finale prestasiepunt.

Sien 'n voorbeeld van 'n finale-jaar projek: CorkHouse deur Jeanne Fehrsen (1998 inname).

Uittreepunt: BPhil-graad

Studente wat die einde van die eerste jaar as uittreepunt wil gebruik, kan 'n BPhil-graad in Lettere verwerf.

Kursusbeskrywing (pdf)

 

Toelatingsvereistes

'n Student kan, op skriftelike aansoek deur die Senaat, of deur die Uitvoerende Komitee handelende namens die Senaat, tot die tweejarige MPhil-program toegelaat word, indien hy/sy

Basiese rekenaargeletterdheid (webdeurblaai, epos, basiese woordverwerking, ens.) is 'n addisionele toelatingsvereiste.

Hierdie kursus is onderworpe aan keuring indien meer as tien studente vir die program aansoek doen.

Die keerdatum vir aansoeke is 30 November van die voorafgaande jaar, alhoewel laataansoeke ook in ag geneem word.

 

Aansoeke

'n Aansoekvorm (in Engels) kan by die volgende webblad afgelaai word http://www.sun.ac.za/Internet/Admin/Student/
of 'n aansoek om 'n gedrukte aansoekvorm kan via e-pos of gewone pos gestuur word aan: Die Kursuskoördineerder: MPhil-program in Hipermedia vir Taalaanleer, Departement Moderne Vreemde Tale, Privaat Sak X1, Matieland. 7602.

Stuur die ingevulde aansoekvorm en die aansoekgelde asook 'n volledige studierekord aan:
Die Registrateur, Universiteit van Stellenbosch, Privaat Sak X1, Matieland. 7602.

Buiten die aansoekvorm moet die kandidaat ook 'n motivering van een tot twee bladsye skryf wat aandui waarom hy / sy beoog om die program te volg en wat hy / sy hoop om daarmee te bereik, asook 'n vraelys oor die kandidaat se rekenaargeletterdheid (pdf) stuur aan: Die Kursuskoördineerder: MPhil in HyLL, Departement Moderne Vreemde Tale, Privaat Sak X1, Matieland. 7602.

AANSOEK VIR TOELATING in 2008 sluit 7 Desember 2007. Laat aansoeke kan in oorweging geneem word.

 

Gelde

Die onderriggeld vir 2006 was R 11 230 vir die eerste jaar, R 11 230 vir die tweede jaar en R2 280 vir elke daaropvolgende jaar. Die onderriggeld sluit nie die heffing vir programmatuur se lisensie [R300 per jaar] en die bedrag van R75 vir materiaal (fotokopië, laserskywe ens.) in nie. Hierby is nie ingesluit die gelde wat die Universiteit van elke student aftrek as deposito vir die druk en fotokopiering van materiaal. Die Universiteit verhoog jaarliks (aan die begin van Januarie) die kostes en verhogings van tussen 5% en 8% is gereeld die geval.

Vanaf 2006 word daar van alle nagraadse studente ongeveer R550 per jaar verhaal vir die gebruik van die universiteit se rekenaars, e-pos en intranet fasiliteite. Daarby betaal residensiële studente ook vir elke megagreep wat van die Internet aflaai word (sien huidige tariewe by IT).

 

Beurse

Sekere nagraadse studiebeurse word beskikbaar gestel deur die Universiteit en ander instansies en om in aanmerking geneem te word vir die meeste beurse is dit nodig om wel voor November aansoek te doen. Inligting oor nagraadse studiebeurse verskyn ook op die webblad van die Eenheid van Navorsingsontwikkeling:Afdeling Beurse en Lenings.

Verdere inligting oor beurse: NRF Prestige /Equity Scholarships for Masters and Doctoral study in 2008

 

Personeel

Koördineerder: Renate du Toit
Dosente: Lesley Bergman, Renate du Toit, Francois Tredoux, Christa van der Merwe.

 

Fasiliteite

Die Departement Moderne Vreemde Tale het 'n spesiale multimedia opleidingslaboratorium vir die MPhil-program in HiLL. Die TOTO-laboratorium is geleë op die derde vloer van die Letteregebou, langs Humarga - die Humaniora Rekenaargebruikersarea. Studente wat vir die HiLL-program geregistreer is, het 24 uur per dag, sewe dae per week toegang tot die laboratorium.

Die laboratorium beskik oor 12 multimedia werkstasies vir studente asook toerusting vir gespesialiseerde hipermedia take (skandering, opname van videos, projeksies ens.) wat gekoppel is aan 'n toegewyde bediener. Toerusting en programmatuur vir druk, skandering, die skryf van CDs, digitale fotografie en klankopname sowel as die opneem en verwerking van grafika- en videomateriaal is beskikbaar.

Studente het ook toegang tot 'n biblioteek wat taaltoepassings, multimedia-programmatuur, die skryf van stelsels en vakliteratuur bevat.

 

Gegradueerdes

Van die kandidate wat hulle finale eksamens vir die MPhil-program geslaag het (tot en met April 2005: 31 kandidate), het die meeste studente die projek gekies, naamlik die ontwerp van 'n hipermedia-toepassing gepaardgaande met 'n tesis. 'n Alleenstaande tesis is egter ook 'n opsie.

Onderwerpe wat deur studente gedek is:
1997 inname:

SA Naval Terminology (Susan Denman: Authorware)
Xhosa for Medical Practitioners (Gerhard van Zyl: Toolbook)
Minute-taking for Secretaries (Rafiek Mammon: Toolbook)
XhosaMusic: The People of Lumko (Leonore Bredekamp: Toolbook)
Multimedia Technology and Language Learning: A Critical Evaluation of the Programmes French Now! and Sprachkurs Deutsch (JHR Moodie: tesis)

1998 inname:

D-Tour - Deutsch für Tourismusstudenten (Renate du Toit: Toolbook)
Learn Setswana - Bua Setswana (Noah Kaidama: Toolbook)
The Barmy Teacher [Barmitzvah preparation] (Anthony Katz: webwerf)
The Ecology of Northwest Province (Jay Lalloo: webwerf)
Reel Views [Introduction to film analysis for use in schools] (Lesley Bergman: webwerf)
CorkHouse [Bilingual French / English introduction to wine-making] (Jeanne Fehrsen:webwerf)
Ibhayi Business Game (Eileen Scheckle: webwerf)

1999 inname:

Lees met begrip (Antonie Smit: webwerf)
Xhosa Tutorial for Beginners (Piet Boonzaier: Authorware and webwerf)
SANDF (Willem Liebenberg: webwerf)
Biblical Hebrew from various angles (Prof CHJ van der Merwe: webwerf, Powerpoint, MS Word)

2000 inname:

Beginners French for Tourism (Hanli Fourie: webwerf)
Les Huguenots - un peuple réfugié (Nathalie Heynderickx: webwerf)
AdCALL: Advertisements for Language Learning (Dominic Mentor: webwerf)
Die Lernmaschine. Lerntheorien und ihr Einfluss auf den Computer als Lernmedium - Behaviorismus, Kognitivismus, Konstruktivismus, Waldorf (Kurt von Hammerstein: webwerf)
Natal Indian English (Steven Yates: webwerf)

2001 inname:

Signing SASL (South African Sign Language) (Hanelle Fourie: webwerf)

2002 inname:

'deutsch live' - A culturally orientated bridging course for students learning German in the Western Cape (Renate Brunke: webwerf)
Ich kann Deutsch! - Ein Deutschkurs für den Auslandsdienst (Zweite Stufe) (Henriette Lemmer: webwerf)
Beginner's German for Tourguides in Namibia (Korinna Lenssen: webwerf)
A Case Study investigating the Essay Writing Skills of Eastern Cape Technikon Education Students using the Writing Process Workshop Language Software (Rose Masha: tesis)

2003 inname:

An interactive, multimedia, web-based program to develop proficiency in specific reading skills for English first-year university students: an empirical study (Nelia Buys: webwerf"Power Play")
Cape Town - Africa's Gateway. A traveller's and cultural guide to Cape Town and surrounds with educational Xhosa language phrases (Charise Janse van Rensburg: webwerf)
Improve Your Essay Writing: The Essential Guide (Tebogo Malie: webwerf)
Abenteuer mit Werner und Roswitha (Christa van der Merwe: Authorware)
Chinese Character Challenger (Amy Yu: webwerf)
Stellenbosch Safari. A multimedia program based on Suggestopedic principles for the teaching of Afrikaans to international students at Stellenbosch University (Francois Tredoux: Authorware)
The Language of Arts and Culture (Richo Jansen: website)

2004 inname:

Die ongelooflike avonture van Tjommie en die Brabbelaars: 'n interaktiewe taalreis deur die wonders van Afrikaans vir Beginners op tersiêre vlak. (Marisca Coetzee: webwerf)
Didactization of a youth novel as CALL material for advanced Grade 11- 12 learners of German as a Foreign Language (Uwe Strack: webwerf)
The Enlightened Chinese Characters. A Cognitive Approach of Computer Assisted Chinese Character Learning (Ada Yang: webwerf)
Afrikaans as kommunikasietaal in sy essensiël, elementêre vorm by derdetaalsprekers by Hoërskool Weston (Elvin Vraagom: Authorware)

Vyf studente het na een jaar gegradueer met 'n BPhil in Moderne Vreemde Tale.

 

Nie-residensiële opsie

Beide residensiële en en nie-residensiële studente ontvang klasnotas, artikels en ander materiaal via die toegewyde webwerf, die sogenaamde HiLL-webwerf, asook 'n FTP-bediener. 'n Roosterblad dui elke week se onderwerp aan en skakel tot die relevante blaaie van die HiLL-webwerf. Om die duur (en koste) van die aflaai tot 'n minimum te beperk, word sekere dossiere via CD-ROMs versprei.

Kommunikasie met nie-residensiële studente geskied meestal deur middel van e-pos en die HiLL-webwerf, indien nodig telefonies en selde met gewone pos. Nie-residensiële studente kan kleiner opdragte aan die dosent e-pos en groter opdragte kan deur middel van oorplasing aan die FTP-bediener ingehandig word of die werk kan op 'n CD-Rom met gewone pos gestuur word.

Alle eksamens (eerste studiejaar se skriftelike eksamens en tweede studiejaar se mondelinge eksamen) moet in Stellenbosch afgelê word. Daar word ook van nie-residensiële studente verwag om 'n seminaar van drie dae aan die begin van September in Stellenbosch by te woon (verpligtend in die eerste studiejaar, opsioneel vir nie-residensiële studente in die tweede studiejaar).

Nie-residensiële studente doen dikwels beter as residensiële studente in die MPhil-program, bygesê dat die nie-residensiële opsie besondere inspanning en selfdissipline vereis en ook dat, in die geval, 'n betroubare, werkende rekenaar, 'n standvastige Internetverbinding en die hulp van goedhartige personeel in 'n rekenaardienswinkel die hoofgereedskap vir hierdie program is.

Dit is noodsaaklik dat nie-residensiële studente, asook residensiële studente wat nie van die Universiteit se geriewe gebruik maak nie, oor voortdurende toegang tot 'n geskikte en werkende rekenaarstelsel beskik. Die Departement Moderne Vreemde Tale kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige probleme wat as gevolg van tegniese foutwerking en/of elektroniese kommunikasieprobleme ontstaan nie. Ongelukkig ontstaan hierdie probleme wel in die veld van rekenaars en studente moet hierdie probleme self oplos of toegang hê tot 'n kundige rekenaardiens. Probleme in die program aangaande die inhoud van die kursus en nie-tegniese sake wat betrekking het op die programmatuur wat gebruik word, word deur personeellede opgelos.

 

Hoekom sou 'n student vir hierdie kursus inskryf?

In die MPhil-program in Hipermedia vir taalaanleer leer kandidate hoe om professionele hipermedia-toepassings wat van die jongste tegnologie getuig óf vir die Internet óf vir losstaande stelsels te beplan, te ontwerp en aan die dag te lê deur grafika-, klank- en videomateriaal te inkorporeer.

Dit verbeter hulle posisie vir aanstelling in die werkverskaffingsektor waar daar 'n groeiende aanvraag na bekwame beroepsmense is; hetsy in die ontwerp van programmatuur of webwerwe, in die ontwikkeling en die behoud van opvoedkundige multimedia, in elektroniese publikasie, in bemarking of in die onderwys (GET en FET-band en tersiêre onderwys).

'n Uitkoms wat die MPhil-program ook hoop om te bereik is gekoppel aan die immer-ontwikkelende en veranderende rekenaaromgewing. Prof. Kussler, die grondlegger van die MPhil-program, het die situasie soos volg opgesom: "Die [rekenaarwetenskap]omgewing is aan die beweeg en ons moet aanhou om saam met dit te beweeg. Hoewel dit ons beweeglik en buigsaam maak, verhoed dit ons ook om ooit die einde daarvan te bereik." Daarom kan die voltooiing van die tweejarige program en die verwerf van die graad net as 'n oorgangstrap vir kandidate beskou word. Indien hulle daarna nie aanhou voortbeweeg in die omgewing nie sal hulle binnekort agterbly. Ons bied die geleentheid vir lewenslange leer in die veld van opvoedkundige rekenaarwetenskap... maar studente sal voortdurend vorentoe moet beweeg!

Juis daarom plaas ons soveel klem daarop om 'n begrip van rekenaarwetenskap in die algemeen en die gebruik daarvan in die moderne samelewing aan te moedig. Ons wil graag hê dat ons studente ons met 'n toekomsvisie verlaat en met 'n besef dat opvoedkundige hipermedia 'n bydrae kan lewer tot die verbetering van die menslike kondisie.

Kyk na 'n voorbeeld van studente se werk om te sien wat van studente verwag word en wat hulle kan bereik!

 

Geskiedenis

Die MPhil-program in Hipermedia vir Taalaanleer (oorspronklik: "Technology-enhanced Language Instruction") is ontwerp en begin deur Prof. Rainer Kussler in 1997.
Prof. Kussler het in Vreemde Taaldidaktiek gespesialiseer met spesifieke klem op veral Rekenaargesteunde Taalaanleer (CALL) en Outonome Aanleer. In 1986 het hy sy eerste CALL-toepassing, wat reeds klank geïnkorporeer het, ontwerp as deel van 'n intensiewe Duitskursus vir kajuitassistente van die SAL-lugdiens.
Hy het ook op hiperteks-ontwikkeling gekonsentreer en 'n omvattende hiperteks informasie-stelsel oor Duitse letterkunde, taal en kultuur vir Duitsstudente aan die Universiteit van Stellenbosch ontwerp. In 1997 is 'n Hiperteks-toepassing oor Duitse 'Landeskunde', geskryf deur Prof. Kussler, by INTER NATIONES in Bonn/Duitsland gepubliseer. Hierdie toepassing is in 2000 hersien en in 'n webwerf omskep.

 

Rekenaarspesifikasies

Die absolute minimum spesifikasies vir 'n geskikte rekenaarwerkstasie is:

* [hierdie programmatuur kan gratis afgelaai word vanaf die Internet]

 

Jaarboekinskrywing

 

 

Updated: 17-Aug-2009