Stellenbosch Universiteit
Fakulteit van Lettere
Oorsigkaart
Moderne Vreemde Tale
MPhil
English

Doktorsgraad (DLitt) in Vergelykende Letterkunde

Literature

Verken die ryk diversiteit van wêreldletterkunde regoor die grense
van tale, dissiplines, tydperke, genres ...

Kode: 57479 - 978(240)
Toelatingsvereistes
’n MA-graad in Afrikaans, Antieke Tale, Duits, Engels, Frans, Moderne Letterkunde, Nederlands, Noord-Sesotho, Sesotho, Xhosa, Zulu of enige Afrika-taal wat aan die Universiteit van Stellenbosch gedoseer word. Om toegelaat te word moet die kandidaat verder ’n navorsingsvoorstel indien in ooreenstemming met die regulasies bepaal deur die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe.

Die DLitt-program in Vergelykende Letterkunde bied studente die moontlikheid om hulle akademiese agtergrond in tale en letterkunde toe te pas tot 'n multidissiplinêre studie van tekste vanuit diverse kulture. Studente skryf 'n proefskrif oor 'n onderwerp in die veld van Vergelykende Letterkunde. Die onderwerp word in onderlinge oorleg deur die Departement en die kandidaat bepaal. 

Vergelykende Letterkunde is 'n studie wat die transnasionale en postnasionale studie van letterkunde behels,

Die algemene definisie van vergelykende letterkunde is die studie van "literatuur sonder mure". Vergelykings kan onder andere fokus op temas soos:

Ons deel die behoefte om letterkunde regoor verskeie konseptuele grense te bestudeer en om die moontlikheid te bied om tekste in hulle oorspronklike tale te verken. Vergelykings integreer ook letterkundige ervaring met ander kulturele fenomene, soos historiese verandering en sosiale bewegings.

Terwyl die primêre fokus steeds die studie van letterkundige tekste is en die diepte en kennis in spesifieke dissiplines steeds gerespekteer word, poog die studieveld van Vergelykende Letterkunde ook om 'n dinamiese begrip van letterkunde in globale kontekste te bereik deur 'n nuwe vergelyk tussen twee of meer afsonderlike dissiplines sonder 'n verband te vestig.

Die program word gesamentlik aangebied deur die Departemente Afrika-tale, Afrikaans en Nederlands, Antieke Studie (Grieks, Latyns en Bybelse Hebreeus), Engels en Moderne Vreemde Tale (Frans en Duits).

Navrae:
Catherine du Toit (programkoördineerder)
(021) 808 2063
e-mail: Catherine du Toit

Updated: 17-Aug-2009