Mandaryns 178
Inleiding tot die Mandarynse Taal en Chinese Kultuur
Eerstejaarsmodule
Duur van module : een jaar
Krediete : 24
Aanbieding : 3 lesings, 1 tutoriaal en 1 praktiese klas per week
Toelatingsvereistes : Mandaryns 178 word aangebied vir beginners; geen
voorkennis van Mandaryns word vereis nie.
Hierdie module is bedoel om studente basiese kennis van die taal te gee, insluitende die alfabetiese Pin Yin, Chinese karakters en basiese grammatika. Dit stel studente in staat om Mandaryns in alledaagse situasie te verstaan en te praat en die Chinese karakters te herken.
- Inleiding tot taalstudie, insluitende fonetiek
- Inleiding tot Chinese karakters en onderdele daarvan
- Studie van basiese letterkundige tekste in gesprekspatrone
Algemene Uitkomste
Stundente wat die module suksesvol voltooi het, is in staat om Mandaryns in alledaagse situasies te verstaan en te praat en die Chinese karakters te herken aan die hand van 'n kennis van die onderdele daarvan.
Spesifieke Uitkomste
Na die suksesvolle voltooiing van Mandaryns 178 is 'n student in staat om
- oor hom/haarself, sy/haar familie, weer, tyd, voor- en afkeure en ander basiese gesprekstemas te praat; ;
- letterkundige tekste met die korrekte uitspraak en toon te lees;
- 'n basiese gesprek in Mandaryns te volg en daarop te reageer; en
- Chinese karakters te herken aan die hand van 'n kennis van die onderdele daarvan.
Mandaryns 278
Voortgesette studie van die Mandarynse Taal en Chinese Kultuur
Tweedejaarsmodule
Duur van module : een jaar
Krediete : 32
Aanbieding : 3 lesings, en 1 praktiese klas per week
Toelatingsvereistes : Suksesvolle voltooiing van Mandaryns 178 of 'n gelykwaardige
kwalifikasie.
Die module is bedoel om studente verdere kennis oor die taal en kultuur te gee en hulle woordeskat van Chinese karakters uit te brei. Dit stel studente in staat om Mandaryns binne die taal se sosiale en kulturele konteks te verstaan en tekste met meer ingewikkelde grammatika te lees.
- Ekstensiewe uitbreiding van woordeskat en Chinese karakters
- Die grammatika te verduidelik en dit in praktiese oefeninge toe te pas
- Rolspel-gesprekvoeringe om kommunikatiewe vaardighede te verbeter
- Leesbegrip deur middel van oefeninge te verbeter
Algemene Uitkomste
Studente wat die module suksesvol voltooi het, is in staat om Mandaryns in spesifieke kommunikatiewe situasies te verstaan en te praat en nuwe sinne en patrone binne die regte konteks te gebruik.
Spesifieke Uitkomste
Na die suksesvolle voltooiing van Mandaryns 278 is 'n student in staat om
- Chinese tekste en stories met behulp van 'n woordeboek te lees en te verstaan;
- met selfvertroue 'n eenvoudige gesprek binne die regte sosiale konteks te voer;
- om sinne asook kort opstelle te skryf deur gebruik te maak van Chinese karakters en aangeleerde woordeskat; en
- van Chinees na Engels te vertaal aan die hand van aangeleerde woordeskat.
Mandaryns 318
Intermediêre studie van die Mandarynse Taal en Chinese Kultuur
Derdejaarsmodule
Duur van module : een semester (eerste semester)
Krediete : 24
Aanbieding : 3 lesings, 1 praktiese klas per week
Toelatingsvereistes : Suksesvolle voltooiing van Mandaryns 278 of 'n gelykwaardige
kwalifikasie.
Die module is bedoel om studente se kennis van die taal en kultuur asook hulle woordeskat van Chinese karakters uit te brei. Dit stel studente in staat om die Mandarynse taal deur middel van gevorderde vaardighede en taalgebruik binne 'n sosiale en kulturele konteks te verstaan, te lees en te skryf.
- Gevorderde uitbreiding van Chinese woordeskat en karakters
- Analise van taalfoute in skriftelike opdragte
- Studente leer om sekere onderwerpe te verstaan, te bespreek en hulle mening daaroor te gee
- Oefen om opstelle in Chinese karakters te skryf
Algemene Uitkomste
Studente wat die module suksesvol voltooi het, is in staat om die taal te verstaan en in Mandaryns binne sosiaal-kommunikatiewe situasies te kommunikeer; hulle woordeskat te verbeter; sinne en patrone in die regte konteks te gebruik en kort werkstukke met die hulp van woordeboeke te skryf.
Spesifieke Uitkomste
Na die suksesvolle voltooiing van Mandaryns 318 is studente in staat om
- Mandaryns te lees en te verstaan en hulle mening oor sosiale onderwerpe in Mandaryns te uiter;
- 'n Gesprek binne die regte sosiale konteks te voer en van die regte grammatika gebruik te maak;
- Kort opstelle in verskeie vorms te skryf deur gebruik te maak van Chinese karakters; en
- van Chinees na Engels te vertaal aan die hand van uitgebreide woordeskat..
Mandaryns 348
Intermediêre studie van die Mandarynse Taal en Chinese Kultuur
Derdejaarsmodule
Duur van module : een semester (tweede semester)
Krediete : 24
Aanbieding : 3 lesings, 1 praktiese klas per week
Toelatingsvereistes : Suksesvolle voltooiing van Mandaryns 278 of 'n gelykwaardige
kwalifikasie.
Die module is bedoel om studente se kennis van die taal en kultuur asook hulle woordeskat van Chinese karakters uit te brei. Dit stel studente in staat om die Mandarynse taal deur middel van gevorderde vaardighede en taalgebruik binne 'n sosiale en kulturele konteks te verstaan, te lees en te skryf.
- Gevorderde uitbreiding van Chinese woordeskat en karakters
- Analise van taalfoute in skriftelike opdragte
- Studente leer om sekere onderwerpe te verstaan, te bespreek en hulle mening daaroor te gee
- Oefen om opstelle in Chinese karakters te skryf
Algemene Uitkomste
Studente wat die module suksesvol voltooi het, is in staat om die taal te verstaan en in Mandaryns binne sosiaal-kommunikatiewe situasies te kommunikeer; hulle woordeskat te verbeter; sinne en patrone in die regte konteks te gebruik en kort werkstukke met die hulp van woordeboeke te skryf.
Spesifieke Uitkomste
Na die suksesvolle voltooiing van Mandaryns 348 is studente in staat om
- Mandaryns te lees en te verstaan en hulle mening oor sosiale onderwerpe in Mandaryns te uiter;
- 'n Gesprek binne die regte sosiale konteks te voer en van die regte grammatika gebruik te maak;
- Kort opstelle in verskeie vorms te skryf deur gebruik te maak van Chinese karakters; en
- van Chinees na Engels te vertaal aan die hand van uitgebreide woordeskat..
HSK Test Centre offering Chinese Language Proficiency Test
Early in 2007, with the approval of the application for HSK by Hanban, the Mandarin Section became the host of the first HSK test centre in Sub-Sahara African Countries. On 27October 2007, the Centre successfully organized the first test (basic level). Nine candidates wrote the test. We plan to organize another test on 18 October 2008.
Mr Feng Lei took part in a working meeting on HSK test in Beijing on 5 and 6 April 2008. It was the first meeting on HSK since the test was first introduced in 1991. The general situation of overseas HSK centres was introduced and discussed. Approaches to improvement were suggested.
Donasies
Die Departement is trots dat Mandarynstudente nou uitstekende leergeriewe
tot hulle beskikking het. Die Chinese Multimedia Taallaboratorium en die
Chinese Seminaarlokaal vorm deel van die onlangs gestigte Sentrum vir
die Studie van Chinees. Beide geriewe is uitgerus danksy donasies gemaak
deur die Chinese Regering, en skep 'n volmaakte leeromgewing wat die Departement
in staat stel om vanaf 2005 'n volledige voorgraadse program in Mandaryns,
die eerste van sy soort in Suid-Afrika, aan te bied. Die openingseremonie
vir die Sentrum vir die Studie van Chinees is op 13 Oktober by die Letteregebou
gehou toe China se Adjunkminister van Onderwys, mnr Baoqing Zhang, 'n
besoek aan die kampus afgelê het.
Mnr Zhang oorhandig 'n
donasie van 1000 Chinese boeke aan die Departementele Voorsitter
Prof. Carlotta von Maltzan, middel: Dr. Martyn Davies, Direkteur
van die Sentrum vir die Studie van Chinees
|
Van links na regs: Prof.
Walter Claasen (Viserektor, Navorsing), Minister Baoqing Zhang,
Chinese dosent mev Xiao Ping Yu, Prof. Hennie Kotze (Dekaan, Lettere
Fakulteit)
|
![]() |
![]() |
Nuttige skakels
http://www.ccs.org.za
Die Sentrum vir Chinese Studies by die Universiteit van Stellenbosch
www.chinalanguage.com
Inleiding tot die Chinese taal en 'n woordeskat-woordeboek
www.chinapage.com
Chinese kultuur, kalligrafie, geskiedenis en letterkunde
www.chinatoday.com
Algemene inligting oor China
www.chineseculture.about.com
China aanlyn (online) insluitende Chinese karakters, kultuur, kuns, kalligrafie,
samelewing en vermaak
www.clavisinica.com
Verklaring van die Chinese taal, 'n lees-assistent met teks, uitspraak
en flitskaarte
www.emnes.com
Leer op jou eie pas om Chinees te lees, te skryf en te praat met behulp
van hierdie interaktiewe webwerf wat stap-vir-stap instruksies bevat
www.mandarintools.com
Gereedskap om Chinees te leer en wenke oor die gebruik van die Chinese
taal op die rekenaar
lost-theory.org/ocrat/chargif/anychar.html
Geanimeerde Chinese karakters
www.wenlin.com
'n Woordeboek wat meer as 10,000 Chinese karakters bevat
www.winvue.com
Praktiese gebruikersoppervlak vir die leer van Chinese karakters
www.hanban.edu.cn
Die Chinese taalvaardigheidstoets, "Chinese Bridge", en nuus
oor kompetisies
www.blcu.edu.cn
Leer die Chinese taal in China
Jaarboekinskrywing