Akademiese Tweede Jaar
GESKIEDENIS 214 (Eerste semester): SLEUTELPROSESSE IN DIE VORMING VAN WESTERSE GESKIEDENIS
Rykdom en armoede in Westerse geskiedenis
- Veranderende sienings en houdings
- Perspektiewe op stelsels soos sosialisme, kapitalisme en kommunisme
- Dimensies van die kultuur van rykdom en armoede
Rewolusie as historiese verskynsel
- Oorsprong, dinamika en impak van historiese rewolusies
- Gevallestudies van rewolusie: die VSA, Frankryk, Rusland, China, Iran
GESKIEDENIS 244 (Tweede semester) :
AFRIKA EN SUID-AFRIKA: KOLONISASIE EN DIE HERRANGSKIKKING VAN SAMELEWINGSORDES
Afrika en die Weste in die 19de eeu (3de kwartaal)
- Die Westerse wêreld in Afrika voor kolonisasie
- Koloniale beleid in Afrika
- Politieke, kulturele en ekonomiese impak van die kolonisasie van Afrika in die 19de eeu
Suid-Afrika in die 18de en 19de eeue (4de kwartaal)
- Die politieke en kulturele dinamika van die Kaapse samelewing van die 18de en 19de eeu
- Die vestiging van nuwe swart ryke en wit republieke in die binneland in die 19de eeu
- Die minerale rewolusie: ’n nuwe politieke en kulturele samelewingsorde in wording
Drie temas word in hierdie kursus bespreek. Eerstens word die dinamika van kulturele transformasie en die vloeibaarheid van die rasse- en kultuurstrukture van die 18de- en 19de-eeuse Kaapse koloniale orde ondersoek. Tweedens word die opkoms van swart staatsvorme en wit republieke in die binneland bespreek. Onder watter omstandighede is hulle geskep? Hoe het hierdie state polities, ekonomies en sosiaal gefunksioneer? Laastens word die vorming van ’n nuwe politieke en kulturele samelewing, in reaksie op die minerale rewolusie, bespreek.
Daar word op twee gevallestudies gefokus: Hoe het die ontdekking van diamante in Griekwaland-Wes die onderwerping en kolonisasie van die Tlhaping aangevoor? Watter sosiale veranderinge het die ontdekking van goud aan die Witwatersrand vir die swart en wit werkersklasse, en in die besonder vir die Afrikaner-werkersklas, ingehou?