Akademiese Programme: DPhil

DPHIL-PROGRAM IN GESKIEDENIS 978: Onafhanklike navorsing oor ’n goedgekeurde onderwerp word vereis. Die minimum inskrywingsperiode is twee jaar.

Toelatingsvereistes

Om tot die DPhil-graad toegelaat te word, moet die kandidaat:

  • oor ’n gepaste Meestersgraad in Geskiedenis of ’n gelykstaande kwalifikasie beskik;
  • ’n persoonlike onderhoud met die departmentshoof reël om die kandidaat se navorsingsbelangstelling te bespreek. Die Departement sal ’n promotor benoem en kan, indien nodig, bykomende voorbereidingswerk voorskryf voor toelating toegestaan word;
  • ’n uitvoerige navorsingsvoorstel vir goedkeuring deur die departement aan die promotor voorlê. Die voorstel sal deur ’n Toelatingskomitee beoordeel word en by die fakulteit aanbeveel word. Die voorstel moet die volgende insluit:
    • Titel en promotor
    • Probleemstelling en fokus
    • Voorafstudie en rasionaal
    • Doelwitte, teoretiese vertrekpunte/basis en hipotese/navorsingsvrae
    • Navorsingsontwerp en metode
    • Tydraamwerk en voorlopige hoofstukuiteensetting
    • Impak
    • Aansluiting by die departement se doktorale program
    • Bibliografie
  • ’n formele kontrak met die departement aangaan wat die pligte en verantwoordelikhede van die promotor en die kandidaat uiteensit.
  • Skriftelike aansoeke, wat ’n volledige studierekord insluit, moet gewoonlik voor 30 November van elke jaar ingedien word. ’n Formele aansoek om registrasie is slegs nodig sodra ’n student vir ’n program aanvaar is.

Programinhoud en -samestelling

Die program bestaan uit ’n proefskrif en ’n mondelinge eksamen wat op die navorsing gebaseer is. ’n Doktorale proefskrif moet bewys van omvangryke onafhanklike navorsing lewer en moet ’n oorspronklike wetenskaplike bydrae tot ons geskiedkundige kennis lewer.