Akademiese Programme: MA Navorsing

MA-PROGRAM IN GESKIEDENIS (Een jaar – slegs navorsing) 878

Hierdie tradisionele MA voorsien in die behoefte van mense wat in ’n spesifieke navorsingsveld belangstel. Die tesis het ’n beperkte omvang. Onderwerpe word gewoonlik tot Suid-Afrikaanse geskiedenis beperk, maar kan ook studies in die meer teoretiese aspekte van die dissipline insluit. Die program is ten volle navorsingsgerig en bied gevorderde konseptuele en empiriese opleiding. ’n Minimum inskrywing van een jaar word vereis.

Toelatingsvereistes

Om tot hierdie program toegelaat te word, moet kandidate:

  • oor ’n honneursgraad in Geskiedenis of Kultuurgeskiedenis beskik, met ’n minimum slaagsyfer van 60%;
  • met die departementshoof oor ’n navorsingsonderwerp en die benoeming van ’n studieleier vir die tesis onderhandel
  • ’n navorsingsvoorstel vir goedkeuring deur die departement voorlê
  • ’n formele kontrak met die studieleier aangaan wat die pligte en verantwoordelikhede van albei partye uiteensit.

Skriftelike aansoeke, wat ’n volledige studierekord insluit, moet gewoonlik voor 30 November van elke jaar ingedien word. ’n Formele aansoek om registrasie is slegs nodig sodra ’n student vir ’n program aanvaar is.

Studente wat nie aan die vereiste standaard van 60% voldoen nie, kan spesiale oorwegings vir toelating indien.