Akademiese Derde Jaar

GESKIEDENIS 318 (Eerste semester): OORLOË, DEKOLONISASIE EN GLOBALISERING IN DIE WESTERSE WÊRELD TYDENS DIE 20STE EEU

Internasionale betrekkinge en kulturele verandering

  • Die sosiale en kulturele dimensies van die Eerste Wêreldoorlog
  • Die uitbreek, verloop en nadraai van die Tweede Wêreldoorlog
  • Sosiale en kulturele tendense: die sestigs
  • Ekologiese probleme in geskiedkundige perspektief
  • Die Koue Oorlog
  • Globalisering vanuit ’n historiese en kulturele perspektief

Hierdie module poog om ’n grondige oorsig van ’n paar van die hoofstrome in die Westerse politieke en sosio-kulturele lewe van die 20ste eeu te bied. Dit fokus op oorlog en sosiale verandering, die opkoms en gevolge van verbruikersdruk, die dinamika van die kulturele transformasie van die sestigs, die aard en politiek van die Koue Oorlog en die historisiteit van huidige patrone van globalisering.

Koloniale bevryding en nasiebou in Afrika in die 20ste eeu

  • Die einde van die formele imperiale era
  • Onafhanklikheidsbewegings in Afrika
  • Nuwe state: Probleme van die post-koloniale staat
  • Kulturele dimensies van die post-kolonie
  • Afrika in ’n globaliserende wêreld

Opmerking: Nie al die temas in die module word elke jaar aangebied nie.

GESKIEDENIS 348 (Tweede semester): SUID-AFRIKA IN DIE 20STE EEU

  • Perspektiewe op die Suid-Afrikaanse Oorlog
  • Rykdom en armoede as standhoudende faktore in 20ste-eeuse Suid-Afrika
  • Kulturele en politieke dimensies van die opkoms en verbrokkeling van Afrikaner-nasionalisme
  • Perspektiewe op apartheid
  • Die groei en dinamika van swart politieke organisasies en die verandering in magsverhoudings in 1994
  • Vroue en verandering in die Suid-Afrikaanse samelewing
  • Amerikaanse kulturele invloede op swart en wit Suid-Afrika vanuit ’n historiese perspektief

Opmerking: Nie al die temas in die module word elke jaar aangebied nie.

Hierdie module fokus op die vernaamste kenmerke van die Suid-Afrikaanse samelewing tydens die 20ste eeu. Sosiale en kulturele dimensies van die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899-1902) en die langtermyngevolge daarvan word ondersoek. Dit dien as oorbrugging tot ’n bespreking van die blywende kwessies van armoede in Suid-Afrika. Die faktore wat die verskynsel van Afrikaner-nasionalisme ondersteun, word ontleed en die geleidelike verbrokkeling van die beweging in die laat 20ste eeu word ondersoek.

Verskeie perspektiewe op apartheid en die voorlopers daarvan word bespreek in ’n poging om die trekkrag daarvan te verstaan. Daarna volg ’n analise van die aard en dinamika van opposisie tot die stelsel. Die rol van vroue in Suid-Afrika word binne historiese konteks geplaas en die potensiaal van ’n geslagsgebaseerde weergawe van Suid-Afrikaanse geskiedenis word beoordeel. Kulturele invloede van buite in ’n era van globalisering word in oënskou geneem deur die historiese invloed van Amerika op Suid-Afrika te ondersoek.